Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Ashleigh-hulle trap in virtuele kampioenskap

Ashleigh Moolman-Pasio is een van drie Suid-Afrikaanse fietsryers wat in Desember aan die eerste virtuele Wêreldkampioenskappe sal deelneem, wanneer ryers mekaar op Zwift die stryd gaan aansê.

Ashleigh Moolman-Pasio sal hoop om voort te bou op haar goeie vertoning tydens 2020 se virtuele Tour de France. Foto: Getty Images

Toe die koronavirus vroeër in 2020 die mensdom tot stilstand gebring het, het fietsryers mekaar in hul voorkamers of waar ook al hul fietse gemonteer was in die virtuele wêreld gepak.

Die Wêreldkampioenskappe sal op 9 Desember oor ’n afstand van 50 km beslis word, met Moolman-Pasio, Daryl Impey (35) en Ryan Gibbons (26) wat Suid-Afrika sal verteenwoordig.

Daryl Impey in aksie tydens die 20ste skof, ’n individuele tydtoets, van 2020 se Tour de France. Foto: Getty Images

Nie dat die formaat vreemd sal wees vir Moolman-Pasio (34) en Gibbons nie. Moolman het in Julie die vyfde skof van die virtuele Tour de France vir vroue gewen.

Dit was kort nadat Gibbons geskiedenis gemaak het deur die eerste skof van die virtuele Tour se manswedren te wen.

Van die wêreld se voorste vroueryers soos Anna van der Breggen, Annemiek van Vleuten (albei Nederland), Lisa Brennauer (Duitsland) en Annika Langvad (Denemarke) se name verskyn op die inskrywingslys.

Van der Breggen (30) het vanjaar die tydtoets en padwedren in die Wêreldpadkampioenskappe gewen.

Bekende mansryers soos Victor Campenaerts (België), wat die houer van die wêreld-uurrekord is, en Rigoberto Urán (Columbia) gaan ook hul staal wys. – Sportredaksie


Meer oor:  Daryl Impey  |  Ashleigh Moolman-Pasio  |  Ryan Gibbons  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.