Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Atlete bly in 2022 nie in één Speledorp
’n Blik op die Speledorp by 2018 se Statebondspele in die Goudkus in Australië. Foto: Getty Images

Daar sal nie een Speledorp wees vir 2022 se Statebondspele in Birmingham, Engeland, nie.

Die organiseerders het planne daarvoor geskrap weens die impak van die Covid-19-pandemie en gaan nou drie afsonderlike “kampusse” oprig. Altesame 6 000 atlete en beamptes sal gehuisves word by die universiteite van Warwick en Birmingham, asook in hotelkamers by die nasionale konferensiesentrum.

“Covid-19 het ’n groot impak op die boubedryf gehad en daar is nou minder tyd om seker te maak alles is gereed vir 2022 se Spele,” sê die organiseerders.

Volgens die aanvanklike projek sou die Perry Barr-gebied van die stad opgeknap word. Dit sal steeds voor die spertyd vir plaaslike behuising voltooi word.

Ian Reid, uitvoerende hoof van die Birmingham-Spele. Foto: Getty Images

“Dit is uitdagende tye vir almal en om in dié tye ’n groot multisportbyeenkoms te reël, beteken ons moet pragmaties wees en aanpas. Ons moet realisties wees oor die uitdagings waardeur ons in die gesig gestaar word,” sê Ian Reid, uitvoerende hoof van die Birmingham-Spele.

“Ons besef dit is nie waaraan die atlete gewoond is nie en is dankbaar vir die ondersteuning van ons vennote by al die Statebondfederasies.”

Atlete word by ’n groot sportbyeenkoms gewoonlik in ’n Speledorp gehuisves waar hulle ook saam eet en waar daar ontspanningsgeriewe is.

Die Spele van 2022 is aanvanklik in 2015 aan Durban toegeken, maar dié stad het sy gasheerregte verloor nadat hy nie finansiële waarborge kon lewer nie. Birmingham is in Desember 2017 as die nuwe gasheer aangewys.

Dié Statebondspele sal die duurste sportbyeenkoms wees wat Brittanje aanbied ná Londen se Olimpiese Spele in 2012.

Reid-hulle sê die kampusmodel sal binne die begroting van £778 miljoen opgerig word. – Reuters

Meer oor:  Engeland  |  Birmingham
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.