Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Bokser boos oor teenstander positief toets
Die uitgesproke Australiese bokser George Kambosos is briesend omdat sy geveg hierdie naweek teen Teofimo Lopez uitgestel moes word. Foto: Getty Images

Die Australiese bokser George Kambosos het behoorlik uitgevaar nadat hy gehoor het sy geveg Saterdag teen Teofimo Lopez moes uitgestel word omdat die Amerikaner positief getoets is vir die koronavirus.

Die twee boksers sou in Miami kragte gemeet het, met Lopez se liggewigtitels van die Wêreldboksvereniging, Wêreldboksorganisasie en Internasionale Boksfederasie wat op die spel sou wees.

Kambosos het ’n gerug gehoor dat Lopez nog nie teen die koronavirus ingeënt is nie en het toe op sosiale media gal gebraak.

Teofimo Lopez is die liggewigkampioen van die Wêreldboksvereniging, die Wêreldboksorganisasie en die Internasionale Boksfederasie. Foto: Getty Images

“Ek sou hierdie naweek die kampioen gewees het. Ek weet dit en jy weet dit,” het hy getwiet.

“Jou aksies en besluite het nie net ons geveg nie, maar ook almal wat daarby betrokke sou wees, geraak.”

Volgens Kambosos was Lopez “roekeloos” omdat hy nog nie ingeënt is nie.

Hy het belowe om Lopez ’n goeie loesing te gee wanneer hulle nou op 14 Augustus teen mekaar in die kryt gaan klim.

“Jy kan weghardloop, maar jy kan nie wegkruip nie,” het Kambosos gesê. – Boxing News 24


Meer oor:  Koronavirustoets  |  Boks  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.