Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Aussie onttroon Impey Doer Onder

Die Suid-Afrikaanse fietsryer Daryl Impey se oorheersing die afgelope twee jaar van die Tour Down Under is Sondag deur ’n Australiër beëindig.

Die Aussie Richie Porte (regs) het Sondag die Tour Down Under gewen. Foto: Getty Images

Richie Porte (Trek-Segafredo) is as die nuwe kampioen gekroon toe hy die sesde skof oor 151,5 km tussen McLaren Vale en Willunga Hill in Australië in die tweede plek klaargemaak het. Dit was egter genoeg om as algehele wenner gekroon te word.

Impey (Mitchelton-Scott), wat sesde algeheel geëindig het, was met die aanvang van die laaste skof die voorloper en ’n skrale twee sekondes voor Porte.

Maar Porte is nie verniet een van die beste klimmers nie. Hy het die afgelope ses jaar die skof wat teen Willunga Hill klaarmaak gewen.

Dit was omtrent iets om te aanskou hoe hy die ander jaers daar agter gelaat het. Hy kon egter nie verby die Brit Matthew Holmes (Lotto-Soudal) kom nie.

Holmes het die skof in 3 uur, 24 minute en 54 sekondes voltooi, om met die skofsege weg te stap.

Sowat 2 km van die eindstreep kon gesien word hoe Impey sukkel om by te bly. Hy het die skof in die 20ste plek voltooi.

Die Suid-Afrikaner en sy spanmaats het aanvanklik min werk in die peloton gedoen. Hulle moes natuurlik ’n oog hou op Porte.

Maar teen Willunga Hill het Porte, wat in 2017 die kampioen was en die afgelope twee jaar elke keer tweede was, gewys dat hy en sy spanmaats die ander jaers behoorlik uitoorlê het.

Meer oor:  Daryl Impey  |  Richie Porte  |  Tour Down Under
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.