Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Aussies lugtig vir Proteas in halfeind

Die Australiërs is lugtig vir Suid-Afrika.

Die Aussie Courtney Bruce blokkeer die Nieu-Seelandse doele Maria Folau en Bailey Mes se pad na die doelpaal in Donderdag se Wêreldbeker-wedstryd tussen die spanne. Foto: Getty Images

Die Proteas staan Saterdag in die verdedigende kampioen se pad om nóg ’n keer die Wêreldbeker-netbaltoernooi te wen – dié spanne pak mekaar in die halfeindronde.

Die Aussies mik na hul 12de kroon in wêreldnetbal, maar die Aussie-verdediger Courtney Bruce sê hulle moet nie die Suid-Afrikaners onderskat nie.

“Die Proteas gaan ’n groot uitdaging wees. Hulle het ’n fantastiese toernooi tot dusver,” sê Bruce volgens nwc2019.co.uk.

Bruce was Donderdag die Speler van die Wedstryd in die “Diamonds” se naelskraapse sege oor Nieu-Seeland.

“Dit was ons grootste toets nóg oor vier kwarte.”

Natalie Milicich, Singapoer se Nieu-Seelandse afrigter, sê Australië sal ’n bietjie te sterk wees vir Suid-Afrika.

“Suid-Afrika het baie, baie goed gevaar, maar soos Australië nou lyk, is hy te sterk.

“Hulle het ware diepte op hul plaasvervangersbank. Hulle het opsies sou hulle iets anders nodig hê.”

Engeland en Nieu-Seeland pak mekaar in die tweede halfeindstryd.

Dan Ryan, breier van Noord-Ierland, sê die Aussies het tot dusver gewys wat hulle onder druk kan doen.

“Op die dag is al vier spanne in staat om die Wêreldbeker te wen. Australië behoort na die eindstryd deur te dring. Dit sal baie van Suid-Afrika verg om die Diamonds te klop.”

Ryan sê dit is moeilik om die wenner tussen die Rose en die Kiwi’s te voorspel.

“Ek sal Engeland kies, want hy het die voordeel van die tuisskare. So iets kan ’n paar sterre hul spelpeil laat lig,” glo hy.

“Die Silwervarings se voordeel is dat hulle spelers in sleutelposisies het wat die Engelse supersterre kan stil speel.

“Dit gaan ongelooflike wedywering wees. Met die tuisbaan-voordeel is dit Engeland se wedstryd om te verloor.” – Sportredaksie

Begintye: 12:15: SA t. Australië (SS 10).

16:00: Engeland t. Nieu-Seeland (SS 10)

Meer oor:  Liverpool  |  Wêreldbekernetbaltoernooi  |  Proteas  |  Netbal  |  Suid-Afrika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.