Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Aussies maak planne as Spele in hek duik

Australië se beheerliggaam van swem het met gesprekke begin om alternatiewe kompetisies vir sy swemmers te reël indien die Olimpiese Spele nie vanjaar plaasvind nie.

Cate Campbell, ’n Australiese swemmer, is bly dat daar alternatiewe planne gemaak word indien die Olimpiese Spele nie vanjaar plaasvind nie. Foto: Getty Images

Organiseerders van die Spele, wat op 23 Julie in Tokio moet begin, moes hul verbintenis herhaal dat die skouspel wel sal plaasvind, nadat ’n verslag Vrydag aan die lig gekom het. Luidens die verslag het die Japanse regering tot die slotsom gekom dat die Spele weens die Covid-19-pandemie nie moet plaasvind nie.

Kieren Perkins, president van Swem Australië en iemand wat as swemmer in 1992 en 1996 goud by die Spele gewen het, is verheug dat die verbintenis steeds daar is dat die skouspel sal voortgaan. Tog voel hy dat hy dit aan Australiese swemmers verskuldig is om ander planne te maak.

“As die ergste gebeur en Tokio word gekanselleer, dink ek net dit is reg dat ons swemmers wat voorberei en so hard gewerk het minstens die geleentheid kry om hulself te toets,” sê Perkins.

Ons berei voor asof die Spele voortgaan, so ons swemmers sal gereed wees.
Kieren Perkins

“Ons berei voor asof die Spele voortgaan, so ons swemmers sal gereed wees. Ons proewe gaan voort. Indien die Spele gekanselleer word, is die vraag wat se voordeel ons daaruit kan put dat ons swemmers gereed is.

“Dalk kan ons ons eie kompetisie hou, of iets virtueels teen ons vernaamste teenstanders. Dit is ’n ope vraag, maar op die oomblik sal ons voorberei en seker maak dat ons alternatiewe planne het.”

Die Australiese swemmer Cate Campbell (28), ’n Malawiër van geboorte, wat hoop om vanjaar aan haar vierde Spele deel te neem, is in haar noppies met Perkins se planne.

“Ek dink een van die voordele daaraan om ’n oudswemmer as president te hê, is dat hy aan sulke dinge dink,” sê Campbell.

“Sal dit (’n alternatiewe byeenkoms) dieselfde wees? Beslis nie. Maar dit is iets wat die moeite werd is om te ondersoek.” – Reuters

Meer oor:  Swem  |  Olimpiese Spele  |  Covid-19  |  Australië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.