Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Gimnastiek Australië sê jammer

Gimnastiek Australië het gimnaste, wat enige vorm van misbruik ervaar het, om verskoning gevra en onderneem om alle kwessies van wangedrag te ondersoek.

Dit volg nadat die Australiese Menseregtekommissie (AHRC) ’n onafhanklike verslag oor die kultuur en praktyke van gimnastiek in die land gepubliseer het.

Kate Jenkins van die Australiese Menseregtekommissie. Foto: Getty Images

Die kommissie het in Augustus 2020 ’n ondersoek gelas na die land se gimnastiekprogram nadat verskeie voormalige gimnaste gekla het oor fisieke en emosionele afknouery en beweer het hulle is gedwing om te oefen en deel te neem terwyl hulle beseer was.

“Gimnastiek Australië vra onvoorwaardelik om verskoning aan alle atlete en familielede wat enige vorm van misbruik ervaar het terwyl hulle aan ons sport deelgeneem het,” het Ben Heap, president van Gimnastiek Australië, Maandag in Sydney gesê.

“Die verslag identifiseer sistemiese kwessies wat die ondervindings en welstand van atlete op alle vlakke van die sport beïnvloed.”

Die beheerliggaam sê hy sal al 12 aanbevelings, wat in die verslag gemaak is, inwerking stel. Die aanbevelings sluit in meer verantwoordbaarheid en groter betrokkenheid van afrigters. Die sportsoort moet ook ’n groter bewussyn kweek van kindermisbruik en -verwaarlosing.

Kate Jenkins, ’n kommissaris van die AHRC, sê die verslag het bevind gimnaste voel dat sukses in kompetisies vooropgestel word ten koste van hul veiligheid en welstand.

“Die groot aantal jong meisies wat aan die sportsoort deelneem, is ook uitgelig as een van die unieke risiko’s van gimnastiek,” sê Jenkins.

Die oorsig wys daarop dat Gimnastiek Australië se huidige afrigtingspraktyke ’n risiko skep om atlete te misbruik en hulle kan benadeel. Boonop beskerm die land se gimnastiekfederasie kinders en jong mense nie voldoende nie en is die hantering van klagtes ontoereikend.

Die verslag wys daarop dat ’n benadering van “wen-ten-alle-koste”, en die aanvaarding van negatiewe en afknouende gedrag van afrigters, daartoe gelei het dat jong mense geswyg het oor die praktyke.

Die onbehoorlike behandeling van gimnaste het onder die vergrootlas gekom ná die uitreiking van die Netflix-dokumentêr Athlete A, wat geskoei is op ’n koerantondersoek na die misbruik van Amerikaanse gimnaste. Dit het daartoe gelei dat die jare lange spandokter van Gimnastiek VSA, dr. Larry Nasser, in Januarie 2018 tronkstraf opgelê is.  – Reuters

Meer oor:  Misbruik  |  Gimnastiek  |  Gimanstiek Australië  |  Afknouery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.