Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Aussies staan bont oor opkikkertoets

Swem Australië moes Sondag bontstaan om te verduidelik waarom hy een van sy swemmers, Shayna Jack, se positiewe opkikkertoets weggesteek het.

Shayna Jack. Foto: Getty Images

Dit volg ná ’n ander Australiese swemmer in die openbaar kwaai tekere gegaan het oor Sun Yang van China se deelname by die Wêreldbyeenkoms in Gwangju.

Jack het haar voor die byeenkoms aan die Australiese span weens “persoonlike” redes onttrek.

Sy het Saterdag bekend gemaak dat sy op 26 Junie positief getoets is vir ’n verbode middel.

Nog ’n Australiese swemmer, Mack Horton, het voor dit opslae gemaak deur openlik beswaar aan te teken teen Yang se deelname aan die byeenkoms.

Yang het in 2014 ’n skorsing uitgedien ná hy positief getoets is vir die gebruik van ’n verbode middel.

Swem Australië se uitvoerende hoof, Leigh Russsell, sê die liggaam kon nie vroeër iets sê oor Jack se toets nie, omdat die saak nog ondersoek word.

Russell sê ook Mack het die reg om sy mening oor sake waaroor hy sterk voel, uit te spreek. – Reuters

Meer oor:  Swem  |  Shayna Jack  |  Gwangju  |  Opkikkers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.