Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Austin ook nog beskikbaar vir Spele

Austin Smith, Suid-Afrika se meeste ervare manshokkiespele, het uit Nederland laat weet hy is ook steeds beskikbaar vir volgende jaar se Olimpiese Spele nadat dit weens die Covid-19-pandemie uitgestel is.

Austin Smith. Foto: Gallo Images

Die 34-jarige Smith, ’n voormalige kaptein van die nasionale manshokkiespan, het sy land al in 176 toetse verteenwoordig en was by twee Spele – in Beijing en Londen, in aksie.

“Ek het die afgelope paar weke met alles wat aan die gebeur was, ’n gevoel gehad die Spele gaan uitgestel word,’’ sê Smith.

Die aankondiging is vroeër die week gemaak ná die onttrekking van Kanada en Australië en nadat ’n paar sportliggame groot druk op die organiseerders geplaas het.

“Ek is steeds beskikbaar en oorgehaal om aan die Spele deel te neem,” sê Smith.

“Ek dink die Internasionale Olimpiese Komitee het die regte besluit geneem vir alle partye betrokke. Ek voel egter vir die Japanners wat reeds soveel tyd en sorg ingesit het om alles betyds en reg te kry vir vanjaar se Spel. Kom ons hoop dit sal volgende jaar selfs meer suksesvol wees nadat ons as globale gemeenskap oor die virus getriomfeer het.”

Smith het in Januarie die laaste toets teen Amerika misgeloop weens klubverpligtinge in Nederland, waar hy ook as onderwyser werk, en kon ook nie in Johannesburg wees vir die daaropvolgende drie toetse teen Duitsland nie.

Die span het gehoop om voor die Spele in Italië te gaan speel, maar dit is vanselfsprekend van die baan.

“Ons is in semi-inperking hier in Nederland, maar gelukkig kan ons nog uitgaan vir vars lug en om te draf,” sê Smith. “Afgesien daarvan gaan my werk as laerskoolonderwyser aanlyn voort.” 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.