Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Avonturier-swemmer deel van byeenkoms

Die avonturier-oopwater- en -ysswemmer Ryan Stramrood is een van die Kapenaars wat hom ingeskryf het vir die tweede Torpedo SwimRun wat op 19 November in Kaapstad plaasvind.

Die avonturier-swemmer Ryan Stramrood. Foto: Verskaf

Stramrood het nog nie voorheen ’n lyfpak vir oopwaterswem gedra nie, en besit nie ’n behoorlike paar tekkies nie, maar het die uitdaging aanvaar.

Hy sal saam met Mark de Klerk deelneem.

Die Torpedo SwimRun is ’n spankompetisie met twee lede, waar spanne oor Kaapstad se bekendste strande en baaie swem en hardloop, met Llandudno, Oudekraal, Kampsbaai en Clifton wat deel uitmaak van die roete oor 16 km.

Branderryers, driekampatlete, roeiers en veldwedloopatlete neem almal aan dié byeenkoms deel.

Dit bestaan uit kort swemtogte tussen strande, dan weer hardloop, en selfs klouter oor rotse.

Stramrood is ook ’n motiveringspreker, wat glo ’n mens moet uit jou gemaksone beweeg.

Hy beskryf homself as ’n beginner in die Torpedo SwimRun.

“Die byeenkoms is ’n groot geleentheid om te doen wat ek sê – om my persoonlike grense te skuif en onbekende terreine aan te durf,” sê Stramrood.

“Om met ’n lyfpak te swem sal ’n nuwe ervaring vir my en Mark wees.

“Ek is nie gewoond daaraan om teen enigiemand behalwe myself te kompeteer nie. So daar is ’n aantal eerstes in dié byeenkoms.”

Deelnemers hardloop langs die Kaapse kus in vanjaar se eerste Torpedo SwimRun-byeenkoms. Foto: Nick Muzik

Die hardloopskofte is altesaam 13 km lank en die swem 3 km. Daar is ses skofte van elke dissipline. Deelnemers neem deel oor terreine wat gewoonlik onbegaanbaar is vir die publiek.

Deelnemers hou hul lyfpakke en drafskoene aan vir die duur van die kompetisie.

Jean-Paul Burger en Michael Lord het in Januarie vanjaar die eerste Torpedo SwimRun gewen.

Die Llandudno-menseredders Alessandra Bayly en Christina Geromont was die eerste vrouespan.

Laat inskrywings is nog moontlik. Besoek torpedoswimrun.com.

– Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.