Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Baanbreker-vrouebokser tree uit oor oog
Nicola Adams van Brittanje. Foto: Getty Images

Nicola Adams van Brittanje, die eerste vrouebokser om ’n Olimpiese goue medalje te wen, het haar uittrede uit die sport weens kommer oor haar sig aangekondig.

In ’n ope brief aan die Yorkshire Evening Post skryf Adams, wat in 2012 en 2016 Olimpiese goue medaljes gewen het, dat sy trots is op wat sy bereik het.

Die 37-jarige Adams het egter bygevoeg dat boks sy tol op haar gesondheid geëis het.

“Ek is aangesê dat enige verdere houe teen my oog waarskynlik tot onherstelbare skade en permanente verlies van sig kan lei,” skryf Adams.

“Ek voel geëerd dat ek ons land kon verteenwoordig. Om twee Olimpiese goue medaljes en toe die Wêreldboksorganisasie-gordel te kon wen, is ’n droom wat waar geword het, maar dit het sy tol geëis. Dit sou altyd moeilik gewees het om my bokshandskoene weg te pak, maar ek het nog nooit gelukkiger gevoel nie en ek is ongelooflik trots op hoe baie die sport gegroei het.”

Adams het in die afdeling vir vlieggewigte geveg en sluit haar beroepsloopbaan met vyf oorwinnings en een gelykop uitslag af.

Haar laaste geveg in September teen van Mexiko was die een wat gelykop geëindig het.

Nicola Adams (links) in haar laaste geveg in aksie teen Maria Salinas. Foto: Getty Images

– Reuters

Meer oor:  Nicola Adams  |  Boks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.