Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Bacher help minister om Saskok te ondersoek

’n Komitee is Vrydag aangestel om ondersoek te doen na beweerde onreëlmatighede in die bestuur van die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok).

Die minister van Sport, Thembelani Nxesi, en Gideon Sam, Saskok-president. Foto: Gallo Images
Lede van dié komitee, wat aangestel is deur die minister van sport, Thembelani Nxesi, is oudregter Ralph Zulman, Shamima Gaibie, ’n prokureur en dr. Ali Bacher, voormalige Suid-Afrikaanse krieketspeler en hoof van die eertydse Verenigde Krieketraad (VKR).

Die ondersoek volg nadat gerugte oor beweerde onreëlmatighede en wanpraktyke in die bestuur van Saskok die ronde begin doen het. Dit het vrae oor die integriteit van die plaaslike komitee laat ontstaan.

Nxesi sê die regering kon nie anders nie as om ondersoek te doen na die beweerde onreëlmatighede en wanpraktyke. 

Bacher het aan Netwerk24 gesê dat ’n verteenwoordiger van Nxesi hom gebel het en gevra het of hy bereid sal wees om op die komitee te dien.

“Kyk, die land was nog net goed vir my,” sê Bacher. “Ek het met my familie oor die aanbod gepraat en besluit dat as ek enige positiewe bydrae kan maak, dan doen ek dit. Ek het die aanbod binne 24 uur aanvaar.”

Ek het met my familie oor die aanbod gepraat en besluit dat as ek enige positiewe bydrae kan maak, dan doen ek dit.
Volgens die 75-jarige sal die komitee as die Saskok-wanpraktyke-kommissie van ondersoek bekend staan en sal hulle in Januarie 2018 die eerste keer met Nxesi vergader, met die finale verslag wat in Februarie ingedien moet word.

Volgens Nxesi is van die klagte onder meer dat lede van Saskok die komitee se beleid verontagsaam en oortree het. Hier word verwys na Gideon Sam, Saskok-president, wat na bewering die regsmenings van twee senior raadslede verontagsaam het oor wie verkiesbaar is tydens Saskok se vierjaarlikse raadsvergadering wat op 26 November 2016 gehou is. 

Die gevolg was dat verskeie individue verkeerdelik in die uitvoerende bestuursraad verkies is en sodoende die beleid van Saskok oortree het.

Ali Bacher. Foto: Gallo Images
Verder word Sam en Tubby Reddy, uitvoerende hoof van Saskok, daarvan beskuldig dat hulle hul gesag misbruik het, terwyl lede van Saskok ook van die komitee af verwyder is sonder dat die regte prosedures gevolg is. Saskok word ook daarvan beskuldig dat sommige van sy lede stemme gemanipuleer het om van ander lede ontslae te raak, asook die misbruik van finansies om persoonlike en politieke gevegte te befonds.

“Saskok moes sowat R1,5 miljoen (regskoste en uitgawes) betaal met betrekking tot die saak van Karate Suid-Afrika. Dit is geld wat eerder gebruik moes word om die Suid-Afrikaanse Olimpiese span en sport in die algemeen te help ontwikkel,” het Nxesi gesê in die Staatskoerant, wat Vrydag verskyn het.

Saskok se versuim om op te tree teen die Suid-Afrikaanse Fiksheidsport en Aërobiese Federasie (SASAFF), een van die sportliggame onder sy vaandel, het ook die wenkbroue laat lig. 

Dié federasie is in Augustus 2015 skuldig bevind aan onder meer intimidasie van minderjariges en diskriminerende gedrag –  ná ’n ondersoek wat al in 2012 begin het.

Saskok het egter nooit die aanbevelings van adv. Alex Pullinger, wat die saak ondersoek het, uitgevoer nie.

Meer oor:  Tubby Reddy  |  Sport  |  Thembelani Nxesi  |  Saskok  |  Gideon Sam  |  Ali Bacher
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.