Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Bal tref SA kaptein teen kop

Tim Drummond, kaptein van die Suid-Afrikaanse hokkiespan, het aan die vooraand van die seisoen in Nederland weer harsingskudding opgedoen.

Tim Drummond, kaptein van Suid-Afrika se manshokkiespan. Foto: Getty Images

“Ek het ’n slegte geskiedenis as dit kom by harsingskudding en sal ekstra voorsorg tref om ordentlik te herstel,” het Drummond laat weet.

Die 32-jarige Drummond het langs sy doelwagter binne die doelhok gestaan met ’n strafhoek, toe hy ná ’n trekhou met die bal teen die kop getref is. Dit was gedurende ’n oefenwedstryd vir sy Den Haagse klub, Klein Zwitserland, teen Bloemendaal.

“Ek het op die lyn langs die regoppaal gestaan. Ek het my kop in plaas van my stok gebruik (om die bal te keer) – iets wat ek nie sal aanbeveel nie,” skerts Drummond.

“Hul doelpoging was toe mis, wat die kopseer so ’n bietjie verlig het.”

Dit was nie die eerste keer dat hy harsingskudding opgedoen het nadat ’n hokkiebal hom getref het nie.

Hy het ook al harsingskudding gekry ná ’n hou met ’n hokkiestok, terwyl hy ook harsingskudding opgedoen het toe hy in Amsterdam op ’n yspad gegly het met ’n bromponie.

Drummond woon en werk in Nederland. Hy werk as bemarker vir Unified International naby Den Haag.

Dié voormalige eersterangse krieketspeler van KwaZulu-Natal Binneland het verlede maand ook die kans gekry om in ’n eendagwedstryd vir die HBS-klub te speel.

“Ek het ’n opening in my hokkieprogram gehad en was gelukkig om ’n oefening te kon bywoon en toe ’n wedstryd oor die naweek vir hulle te speel. Ek is op 49 uitgehardloop, maar het dit baie geniet.

Ek hoop regtig ek kan meer wedstryde vir HBS speel, maar hokkie en die Olimpiese Spele is op hierdie oomblik my prioriteit.
Tim Drummond

"Ek hoop regtig ek kan meer wedstryde vir HBS speel, maar hokkie en die Olimpiese Spele is op hierdie oomblik my prioriteit. My hokkieklub het boonop ook ’n baie bedrywige voorseisoense program voor ons eerste ligawedstryd op 7 September.”

Drummond het 29 eersterangse krieketwedstryde vir KwaZulu-Natal Binneland gespeel en spog met ’n honderdtal (125*) teen Grens in een van sy 31 provinsiale eendagwedstryde. Hy het ook vyf vyftigtalle in elk van die formate aangeteken.

Die afrigter van die Suid-Afrikaanse manshokkiespan, Garreth Ewing, sê hulle gaan in dié stadium nie vanjaar enige nasionale oefenkampe hou nie. Hulle is besig om hul begroting en program vir volgende jaar vas te maak.

Meer oor:  Nederland  |  Proteas  |  Kaptein  |  Harsingskudding  |  Hokkie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.