Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Bart gaan SA talent help werf vir VSA-voetbal

Suid-Afrikaanse rugby gaan moontlik binnekort nie net sweet oor die belangstelling van Franse, Engelse en Japanse rugbyklubs in plaaslike talent nie, maar sal dalk ook moet toekyk hoe Amerikaanse voetbal belowende rugbyspelers oorsee lok.

Gerhard de Beer, ’n oud-Affie, het al vir die Green Bay Packers in Amerika se gewilde NFL gespeel. Foto: Getty Images

Dit is die hoop van Munya Maraire, ’n voormalige Amerikaanse universiteitsvoetbalspeler, en Bart Schoeman, voormalige hoëprestasiebestuurder vir die Goue Leeus, wat kragte saamgespan het om aanloklike beurse in voetbal in Amerika onder die aandag van Suid-Afrikaners te bring.

World Wide Scholarships (WWS Africa), wat deur Maraire gestig is, glo die werwing van Suid-Afrikaanse talent kan nuwe deure vir spelers oopmaak in ’n sport wat hulle nie noodwendig voorheen sou oorweeg het nie.

Schoeman reken die Springbokke se sukses in die 2019 Wêreldbeker-rugbytoernooi in Japan het die aandag van die Amerikaanse universiteite geprikkel.

Ons weet daar is baie spelers wat verlore raak in die bestaande stelsel en die geleenthede verminder algaande ook stelselmatig vir spelers wat kontrakte betref,

Hy sê die universiteite stel nie noodwendig in spelers belang wat potensieel eendag vir die Springbokke kan uitdraf nie, maar eerder iemand wat bepaalde atletiese vermoëns ten toon stel.

“Ons weet daar is baie spelers wat verlore raak in die bestaande stelsel en die geleenthede verminder algaande ook stelselmatig vir spelers wat kontrakte betref,” het Schoeman by navraag gesê.

“Daar is reeds hope druk op die Southern Kings en die Cheetahs net om voort te bestaan.”

Schoeman sê dat hulle nie noodwendig ’n groot uittog van spelers wil ontketen nie.

“Dit is nie ’n doelbewuste poging om kinders na Amerika te lok nie, maar ons wil eerder vir hulle ’n geleentheid bied, wat hulle andersins nie sou hê nie.

“Die universiteite se stelsel daar vereis dat studente met sportbeurse steeds voltyds moet studeer. So die spelers wat gekies word, sal akademies ook moet kan presteer.

Maraire, wat van Zimbabwe afkomstig is, het voetbal vir die Penn State-Universiteit in Pennsilvanië gespeel en is ook goed vertroud met rugby.

WWS Africa sê een van die uitdagings wat voor hulle lê, is om talent raak te sien in ’n land waar die regte oefengeriewe ook nie aldag toeganklik is vir almal nie.

Schoeman sê ’n werwingskamp word vir Desember beplan, waar hulle beoog om dié kamp te kombineer met ’n oefenkamp vir rugbyspelers, wat deur USN aangebied sal word.

“Ons is wel nog besig met gesprekke wat die oefenkamp betref. Indien ons dit nie kan kombineer nie, dan hou ons dit afsonderlik.”

Dieter Eiselen, wat aan Paul Roos Gimnasium gematrikuleer het, is nog ’n Suid-Afrikaner wat naam maak in Amerikaanse voetbal. Foto: Getty Images

• Gerhard de Beer, wat in 2012 vir die eersterugbyspan van die Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) in Pretoria uitgedraf het, is een Suid-Afrikaner wat wil naam maak in Amerikaanse voetbal.

Dié bielie van 142 kg en 1,98 m is in 2018 in die Green Bay Packers se oefengroep ingesluit, waarna hy ook vir hulle verteenwoordig het.

Hy was ook in die Indianapolis Colts, Houston Roughnecks en St. Louis BattleHawks se oefengroepe.

Dieter Eiselen, wat in 2014 aan Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch gematrikuleer het, is nog ’n Suid-Afrikaner wat sy merk in die NFL (Amerikaanse Nasionale Voetballiga) wil maak. Hy het in Mei ’n kontrak van drie jaar met die Chicago Bears gesluit.

Dié boorling van Pretoria weeg 139 kg en is 1,95 m lank.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.