Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Kobe Bryant in Hall of Fame ingehuldig
Vanessa Bryant, die weduwee van Kobe Bryant, saam met twee van hul dogters, Capri (links) en Bianka (regs), by Saterdag se heldesaal-seremonie in Uncasville. Foto: AP

Die Los Angeles Lakers-legende Kobe Bryant is Saterdag postuum in basketbal se heldesaal ingehuldig.

Bryant, ’n vyfmalige NBA-kampioen, het verlede jaar saam met sy dogter en sewe ander mense in ’n helikopter-ongeluk in Kalifornië gesterf.

Sy vrou, Vanessa, wat al van 17-jarige ouderdom met hom uitgegaan het, het ’n paar woorde by die inhuldiging gesê.

“Liewe Kobe, dankie dat jy die beste man en pa was wat jy moontlik kon wees. Dankie dat jy nooit opgegee het vir ons nie. Dankie vir al jou harde werk,” het sy gesê.

Bryant (42) het direk ná hoërskool by die NBA aangesluit en het voortgegaan om een van basketbal se grootste sterre ooit te word.

Een van sy helde was Michael Jordan, wat gepas die seremoniemeester by Saterdag se geleentheid was.

“Kobe sou al die mense wat gehelp het om hom hier te kry bedank het en dit sluit diegene in wat in hom getwyfel het, asook diegene wat teen hom was en aan hom vertel het dat hy nie sy doelwitte sou kon verwesenlik nie . . . hy het hulle verkeerd bewys,” het Vanessa gesê.

Kobe Bryant was een van baskebal se grootste karakters gewees. Foto: AP

Ander legendes wat by die geleentheid vereer is, sluit in die tienmalige vroue NBA All Star en viermalige Olimpiese goue medaljewenner Tamika Catchings en die 15-malige NBA All Star Kevin Garnett.

Die seremonie in Uncasville, Connecticut, is weens die Covid-19 pandemie van Augustus verlede jaar tot die afgelope Saterdag uitgestel. – Reuters

Meer oor:  Basketbal  |  Kobe Bryant  |  Nba
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.