Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
BBC vereer Hamilton tweede keer
Lewis Hamilton is as BBC se Sportpersoonlikheid van die Jaar bekroon. Foto: Getty Images

Lewis Hamilton is Sondag as BBC se Sportpersoonlikheid van die Jaar aangewys om die kroon te span op ’n merkwaardige jaar waarin hy vir die sewende keer as Formule 1 se wêreldkampioen bekroon is.

Die 35 jarige Brit het kompetisie van Liverpool se kaptein Jordan Henderson en die jokkie Hollie Doyle, wat onderskeidelik tweede en derde geëindig het, uitgestof vir dié titel.

Dit was ook die tweede keer wat hy een van Britse sport se grootste toekennings gewen het, nadat hy in 2014 ook vereer is.

Hamilton het sy vierde agtereenvolgende wêreldtitel vanjaar verower en daarmee ook Michael Schumacher se rekord van sewe titels geëwenaar.

Die Premierliga se kampioene, Liverpool, is as die Span van die Jaar aangewys, terwyl hul afrigter, Juergen Klopp as die Afrigter van die Jaar vereer is.

Manchester United en Engeland se voorspeler Marcus Rashford is met die Kenners se Spesiale paneel-prys huis toe vir sy veldtog om kos by skole te kry. – Reuters

Meer oor:  Lewis Hamilton  |  Grand Prix  |  Motorsport  |  Formule 1-Ren  |  Bbc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.