Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Beers-hulle wil ‘shiraz’ proe op Lourensford
Matt Beers (regs) lei verlede jaar ’n groep ryers in die eerste skof van die Wines2Whales se Shiraz-wedren. Foto: Nick Muzik

Die elite-vroue het hul chardonnay gedrink. Die “midweek”-ryers het geteug aan pinotage en nou kry Suid-Afrika se elite-bergfietsryers hul beurt vir swaar trap in die Shiraz-wedren.

Die laaste wedren in die drie byeenkomste van die Wines2Whales-reeks begin Vrydag op die Lourensford-landgoed buite Somerset-Wes. Sondag se eindpunt is Onrusrivier.

Agt spanne het ’n realistiese kans om as die wenners gekroon te word.

Wessel Botha en Matt Beers (NAD) verdedig hul titel.

Die 20-jarige Botha sê 2018 se oorwinning was ’n groot prestasie en die jaar se hoogtepunt.

“Ek het nou die selfvertroue om te weet ek kan dit doen.”

Ek het nou die selfvertroue om te weet ek kan dit doen.
Wessel Botha

Matthys Beukes en Philip Buys (Pyga EuroSteel 1) tree gewoonlik aan as die gunstelinge, maar kon vanjaar net die Sani2c-titel wen.

Beukes erken hulle het nie al hul doelwitte bereik nie.

“Ons fokus het verskuif na oorsese deelname,” sê hy.

Beukes en Buys het die voordeel van ’n ondersteunende span in Phillimon Sebona en Pieter du Toit.

Arno du Toit en Gert Heyns (DSV) het ook wen-aspirasies. Hulle is die huidige nasionale marathonkampioene.

Nicol Carstens en Marco Joubert (Imbuko Giant) het vanjaar van die ander topspanne geklop en wil weer so maak.

Timothy Hammond (voor).

Timothy Hammond en Julian Jessop (Spot Africa) het in Augustus saam gery in die Switserse Epic en sê oorsese deelname maak van jou ’n beter ryer.

Hammond sê Wines2Whales lok die grootste name in plaaslike bergfietsry, so dit is ’n goeie byeenkoms om jou teen die bestes te toets.

Die Belg Frans Claes en HB Kruger sal vir die tweede keer saamry – dié keer vir Devonbosch.

Sebastian Stark, ’n Duitser wat nou in Suid-Afrika woon, en die Stellenbosser Robert Hobson (Canyon Werner) is nog ’n span wat goed kan vaar.

Hobson het vanjaar hard geval tydens die Cape Pioneer Trek en ’n skouer beseer en harsingskudding opgedoen.

Stark sê dit is waarom hulle lank gewag het voordat hulle vir die W2W ingeskryf het.

Die Stellenbosser Erik Kleinhans en die padryer Willie Smit span kragte saam (Katusha-Alpecin Canyon).

Die wenspan sal R100 000 verdien.

Vrydag se eerste skof begin om 07:00. – Sportredaksie

Meer oor:  Matt Beers  |  Wessel Botha  |  Somerset-Wes  |  Bergfietsry  |  Shiraz-Wedren  |  Elite-Mans  |  Wines2whales
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.