Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Belg net-net Impey se baas in Frankryk
Daryl Impey was Woensdag tweede in die eerste skof van die Critérium du Dauphiné. Foto: Getty Images

Daar was so byna glorie vir die Suid-Afrikaanse fietsryer Daryl Impey in die eerste skof van die Critérium du Dauphiné-wedren in Frankryk.

Die Belg Wout van Aert (Jumbo-Visma) het Woensdag dié skof oor 218,5 km tussen Clermont-Ferrand en Saint-Christo-en-Jarez gewen, met Impey (Mitchelton-Scott) net-net in die tweede plek.

Van Aert se wentyd was 5 uur, 27 minute en 42 sekondes. Die Colombiaan Egan Bernal (Ineos), wat verlede jaar die Tour de France gewen het, was derde oor die eindstreep.

Van Aert, wat sedert die seisoen hervat het reeds twee wedrenne, die Strade Bianche en Milano-Sanremo, gewen het en sy spanmaats was oor die laaste paar kilometer oorheersend vooraan die peloton.

Chris Froome, ’n viermalige Tour-kampioen, het op die oog af ongemak verduur en het 86ste klaargemaak – 5 minute en 23 sekondes ná Van Aert. Oor die laaste paar kilometer het die peloton die Brit agtergelaat, wat bespiegelinge oor sy peil laat toeneem het – met die Tour wat aan die einde van die maand begin.

Donderdag se tweede skof, oor 135 km, word tussen Vienne en Col de Porte beslis.

• Intussen is die Wêreld-padfietskampioenskappe, wat van 20 tot 27 September in Aigle-Martigny in Switserland gehou sou word, weens die Covid-19-pandemie gekanselleer. Dit is omdat daar tot 30 September ’n verbod op saamtrekke met meer as 1 000 mense in Switserland geld.

Volgens ’n verklaring van die Internasionale Fietsryunie sal ’n alternatiewe gasheer gesoek word, in die hoop dat ten minste ván die wedrenne beslis kan word.


Meer oor:  Daryl Impey  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.