Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Bergrivier: Organiseerders hou asem op
Gaan die spane in Julie op die Bergrivier klap? Foto: Gameplan Media

Met al hoe meer sportgebeurtenisse vir Junie en Julie wat afgelas word, hou die organiseerders van die Bergrivier-kanomarathon – presies drie maande voor dié tradisieryke wedvaart moet wegspring – ook angstig die verloop van sake met die koronavirus-krisis dop.

’n Nuwe span, BAHM Events, is nou verantwoordelik vir die reël van die wedvaart oor 240 km, wat in die Paarl begin en in Velddrif aan die Weskus eindig.

Dit is geskeduleer om tussen 8 en 11 Julie plaas te vind.

Brandon Macleod van BAHM Events sê hulle volg die riglyne van die nasionale en provinsiale regerings en die Wes-Kaapse departement van sport.

Niemand weet watter pad die Covid-19-pandemie gaan loop en hoe lank die inperking en beperkings op samekomste gaan duur nie.
Brandon Macleod

“Niemand weet watter pad die Covid-19-pandemie gaan loop en hoe lank die inperking en beperkings op samekomste gaan duur nie. Dit maak dit onmoontlik om nou ’n besluit oor vanjaar se Berg te neem,” sê Macleod.

Die Bergrivier-wedvaart maak staat op winter-reënval vir verhoogde riviervlakke vir gemaklike roei-aksie.

Macleod sê deelnemers het ook baie voorbereiding nodig, so hulle kan ’n besluit daaroor nie te lank uitstel nie.

“Die byeenkoms het ’n lang geskiedenis en nalatenskap, wat ons span wil koester.”

Vanjaar se byeenkoms sal weer ’n wedvaart vir solo-roeiers wees, nadat ’n spanformaat verlede jaar op die proef gestel is.

* Hamish Lovemore en Tyron Maher van Durban het verlede jaar se wedvaart gewen. Bianca Beavitt, wat alleen deelgeneem het, was die eerste vrou oor die eindstreep. – Sportredaksie

Meer oor:  Paarl  |  Boland  |  Kanovaart  |  Covid-19  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.