Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Bernal weer op sy allerbeste ná sege in Giro
Die Colombiaan Egan Bernal ná sy oorwinning in vanjaar se Giro D’Italia-fietsren. Foto: Getty Images

Die Colombiaan Egan Bernal is 2021 se Giro d’Italia-kampioen nadat hy Sondag algeheel 89 sekondes voor sy naaste teenstander dié uitmergelende fietsren voltooi het.

Dié jaer van die Ineos Grenadiers het ’n helde-ontvangs voor die Duomo-katedraal in Milaan gekry ná die 21ste en laaste skof, ’n tydtoets.

Hoewel hy nie onder voorste 20 oor die eindstreep gesnel het nie, het die 24-jarige in die voorafgaande 20 skofte oor ’n afstand van 3 479 km twee skofseges behaal om 1 minuut en 29 sekondes voor Italië se Damiano Caruso as kampioen gekroon te word.

Die Brit Simon Yates was algeheel derde, gevolg deur Aleksandr Vlasov van Rusland en Bernal se landgenoot en spanmaat, Daniel Martínez.

Sondag se indivuduele tydtoets oor 30,3 km is deur nog ’n spanmaat van die kampioen, die Italianer Filippo Ganna, gewen.

Die Giro-sege bring ’n terugkeer na sy beste peil vir die Colombiaan, wat in 2020 se Tour de France lelik uit die bus geval het.

Die Giro-sege bring ’n terugkeer na sy beste peil vir die Colombiaan, wat in 2020 se Tour de France lelik uit die bus geval het.

Die klim-spesialis, wat aan die voetheuwels van die Andes-bergreeks grootgeword het, het ná ’n sege in die negende skof die voortou in die Giro geneem.

Hy het dit in die 16de skof herhaal op ’n yskoue, reëndeurdrenkte dag.

Hy het onderweg van sy beskermende windjekker ontslae geraak om triomfantelik in die pienk trui van die voorloper oor die eindstreep te jaag, sy arms wyd uitgestrek met die wete dat niemand en niks benewens ’n ernstige ongeluk hom meer die titel kan ontsê nie.

Chris Froome

Soortgelyke tonele het hom Sondag in Milaan afgespeel toe ’n breë glimlag oor sy gewoonlik stugge rengesig gespoel het met sy aankoms in die stad.

Ná drie uitmergelende weke het die Colombiaan uiteindelik bewys verlede jaar se gesukkel in die saal, was net ’n tydelike insinking.

Vir Ineos (voorheen Team Sky) was dit ’n derde Giro-sege nadat twee Britse jaers – Tao Geoghegan Hart in 2020 en Chris Froome in 2018 – met die louere vir die span weggery het. – Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Simon Yates  |  Egan Bernal  |  Chris Froome  |  Italie  |  Kampioen  |  Tour De France  |  Giro D'italia  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.