Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Ecclestone word wéér pa – op 89

Die Britse miljardêr en voormalige eienaar van Formule Een Bernie Ecclestone het op 89-jarige ouderdom weer pa geword.

Daar is ’n ouderdomsverskil van 45 jaar tussen Bernie Ecclestone en sy vrou, Fabiana Flosi. Foto: Getty Images

Tatler berig Eccelstone en sy 44-jarige Brasiliaanse vrou, Fabiana Flosi, het Vrydag die geboorte van hul seuntjie, Ace, bekend gemaak.

Ace is Eccelston se eerste seun en sy eerste kind saam met Flosi. Hy het sy oudste dogter, Deborah (65), saam met sy eerste vrou, Ivy Bamford, verwek, voordat hy Tamara (36) en Petra (31) saam met sy tweede vrou, Slavica Radic (nou 62), gehad het.

Ecclestone en Flosi is in 2012 getroud. Hy het destyds in afwagting oor Ace se geboorte gesê: “Ek sien geen verskil daarin om 89 of 29 te wees nie. Ek veronderstel jy worstel met dieselfde probleme. Dit is oukei.”

Ecclestone was 40 jaar lank die kommersiële grootbaas van F1 voordat hy in 2017 deur die sport se nuwe eienaar, Liberty Media, met die Amerikaner Chase Carey vervang is.

Hy is vandag nog ’n omstrede en invloedryke figuur en is onlangs gekritiseer vir sy uitlatings oor Lewis Hamilton, die wêreldkampioen, se beroep op groter diversiteit in motorsport.

Ecclestone het Hamilton geloof vir sy inisiatief, maar aan CNN gesê hy glo nie dit sal ’n tasbare impak op F1 hê nie.

“Swart mense is in baie gevalle meer rassisties as wit mense,” het Ecclestone gesê.

Die F1-seisoen begin Sondag in Oostenryk weens die Covid-19-pandemie byna vier maande later as beplan.

– Sportredaksie

Meer oor:  F1  |  Motorsport  |  Bernie Ecclestone  |  Fabiana Flosi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.