Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Beroepsliga ’n moet, sê SA se netbalbaas
Bongiwe Msomi (kaptein) en haar Protea-span het vierde geëindig in die Wêreldbeker-toernooi in Liverpool. Foto: Gallo Images

Suid-Afrikaanse netbalspelers en -ondersteuners besef nou jy moet luister as die Aussie-veteraan Norma Plummer praat.

Dié uittredende SA afrigter het al dikwels in die verlede gesê Suid-Afrika het ’n beroepsliga nodig waar spanne week ná week mededingende wedstryde kan speel.

Die Proteas het in die Wêreldbeker-toernooi puik gevaar en bo hul vyfde plek op die wêreldranglys geëindig, maar net-net tekort geskiet wat ’n medalje betref.

Cecilia Molokwane, president van Netbal Suid-Afrika (NSA), het Dinsdag met die Proteas se aankoms in Johannesburg Plummer se woorde beaam en gesê Suid-Afrika hét ’n beroepsliga nodig.

Cecilia Molokwane (middel) Dinsdag op ’n nuuskonferensie saam met Bongiwe Msomi, die SA kaptein (heel links), Nathi Mthethwa, die minister van sport, Mbali Hlophe, Gautengse LUR vir sport, en die Protea Khanyisa Chawane. Foto: Gallo Images

“Ons het die spelers se vertonings gesien. Hulle het gewys hulle is reg. As ons saam met die sogenaamde groot honde van die WB-toernooi wil meeding, moet ons ’n beroepsliga hê, want netbal het verander,” het Molokwane gesê.

“Ons moet ’n borg hê wat sê hy wil aanboord kom.”

Die telekommunikasie-maatskappy Telkom het vanjaar tot NSA se redding gekom nadat die SA Brouery se borgskap verstryk het.

Die Nasionale Liga tussen Suid-Afrika se voorste tien spanne, en die Smileys as ’n vertoonspan, is weens geldnood net oor vyf naweke en net in Pretoria aangebied.

Molokwane het gesê as nou begin praat en gewerk word vir 2023 se WB-toernooi in Kaapstad, moet daar gepraat word oor ’n beroepsliga.

“Dan kan ons ’n medalje wen,” het Molokwane gesê.

Dumisani Chauke, wat tydens die WB-toernooi vir SuperSport ontledings gedoen het, stem saam.

“Ons het ’n behoorlike beroepsliga nodig met hoë intensiteit-netbal. Vyf weke is nie ’n beroepsliga nie, dit is ’n reeks,” het Chauke gesê.

Ons het ’n behoorlike beroepsliga nodig met hoë intensiteit-netbal. Vyf weke is nie ’n beroepsliga nie, dit is ’n reeks.
Dumisani Chauke

Die Australiese Superliga, met agt spanne, het in April begin en duur tot September.

“Suid-Afrikaanse maatskappye moet nou aanboord kom. Dink net hoe goed Suid-Afrika dan kan vaar.”

Chauke het gesê die Proteas wat die meeste speelkans gekry het, was dié met meer ervaring en diegene wat oorsee speel.

Norma Plummer

Molokwane het gesê Plummer se kontrak het verstryk, maar sy sal nog as mentor vir die nuwe SA afrigter optree.

“Sy het reeds saamgewerk met vier plaaslike afrigters – Chauke, Dorette Badenhorst, Elsjé Jordaan en Jenny van Dyk – en sy het een aanbeveel.”

Molokwane het gesê Plummer se opvolger sal volgende maand tydens die Suid-Afrikaanse toernooi in Johannesburg aangekondig word.

* Die 12 Proteas wat in Liverpool was se bankrekeninge kry wel ’n hupstoot met Telkom en Spar wat hul prestasie beloon het.

Meer oor:  Norma Plummer  |  Cecilia Molokwane  |  Proteas  |  Afrigter  |  Nsa  |  Netbal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.