Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Beseerde Kevin in SA reggedokter
Kevin Anderson in aksie in sy laaste wedstryd vanjaar op 28 Mei in Miami. Foto: Getty Images

Suid-Afrika se voorste tennisspeler, Kevin Anderson, wat volgende week sy terugkeer op die Queen’s-toernooi in Londen maak, het onthul dat hy in Suid-Afrika behandeling gekry het vir ’n lastige elmboog-besering.

Dié tweemalige Grand Slam-finalis het in ’n onderhoud met Match Point Canada gesê dat hy in die land was vir behandeling “by iemand wat ek ken en wat my voorheen gehelp het”.

Die 33-jarige Anderson, tans agtste op die wêreldranglys, het vanjaar die Tata Ope in Pune, Indië, gewen.

Hy het egter op die Australiese Ope, aan die begin van die jaar, reeds probleme met ’n knaende, seer regter-elmboog gehad.

Anderson is daar in die tweede ronde deur die Amerikaner Frances Tiafoe verras.

Sy enigste ander toernooi van die jaar was die Miami Ope, waar hyt in die kwarteindronde deur Roger Federer met 6-0, 6-4 uitgeskakel is.

Sy enigste ander toernooi van die jaar was die Miami Ope, waar hy in Maart in die kwarteindronde deur Roger Federer van Switserland met 6-0, 6-4 uitgeskakel is.

Anderson, wat van plan was om sy kleibaanseisoen in Portugal met die Estoril Ope te begin, het egter in April op Twitter aangekondig dat hy nie vanjaar op klei in aksie gesien gaan word nie. Hy het in dié inskrywing gesê die besluit is ter wille van sy loopbaan geneem, terwyl dit hom intussen kans sal gee om oorgehaal te wees wanneer die aksie voor Wimbledon na die grasbane verskuif.

“Dis maar taai om te moet speel as jy nie 100% fiks is nie.

“Ek het nie intussen leeggelê en niks gedoen nie. Ek het baie tyd in die gimnasium deurgebring. Ek kon eintlik alles doen behalwe om af te slaan.”

Anderson sê hy het intussen reeds meer begin afslaan.

Hy sê dit was die eerste keer sedert sy universiteitsdae in 2005 dat hy dié tyd van die jaar ’n draai in Suid-Afrika kon maak het en by sy mense kuier.

Sy herstelproses het volgens plan verloop.

Die doelwit ter voorbereiding vir Wimbledon was om terug te keer met die Queen’s-toernooi waar hy in 2015 die eindstryd gehaal het en teen Andy Murray verloor het.

Meer oor:  Kevin Anderson  |  Roger Federer  |  Suid-Afrika  |  Tennis  |  Herstel  |  Grasbaantoernooi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.