Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Beste betaalde sportlui van die dekade
Dit is te betwyfel of die boksster Floyd Mayweather weet wat om met al sy geld te doen. Foto: Getty Images

Die Boks-superster Floyd Mayweather doen sy bynaam “Money” gestand en is die wêreld se beste betaalde sportman van die afgelope dekade.

Die onoorwonne Amerikaner het na beraming $915 miljoen (R13,1 miljard) tussen 2010 en 2020 verdien om boaan Forbes se lys te pronk.

Volgens Forbes het Mayweather uitsonderlik daarby gebaat deur sy boksgevegte self te bemark en te bestuur.

“Mayweather se rykdom, anders as die sportlui wat die vorige dekade oorheers het, is versamel sonder om ’n enkele salaristjek van ’n spaneienaar of ’n massiewe borgooreenkoms te ontvang,” berig Forbes.

Mayweather het gesamentlik meer as $500 miljoen verdien vir sy gevegte in 2015 en 2017 teen onderskeidelik Manny Pacquiao en Conor McGregor, wat sy loopbaan-wenrekord tot 50-0 verbeter het.

Die sokkersterre Cristiano Ronaldo ($800 miljoen) en Lionel Messi ($750 miljoen) beklee die tweede en derde plek op die lys.

Die lys word saamgestel uit Forbes se jaarlikse ranglys van die beste betaalde sportlui en neem in berekening prysgeld, bonusse, borgskappe, optredes en verdienste uit lisensies.

Die toptien word oorheers deur boks, sokker, gholf en basketbal, met die name wat aan dié sportsoorte gekoppel word, wat baie voorspelbaar is.

a

* Forbes se beste betaalde sportlui die afgelope dekade:

1. Floyd Mayweather (boks) - $915 miljoen

2. Cristiano Ronaldo (sokker) - $800 miljoen

3. Lionel Messi (sokker) - $750 miljoen

4. LeBron James (basketbal) $680 miljoen

5. Roger Federer (tennis) $640 miljoen

6. Tiger Woods (gholf) $615 miljoen

7. Phil Mickelson (gholf) $480 miljoen

8. Manny Pacquiao (boks) $435 miljoen

9. Kevin Durrant (basketbal) $425 miljoen

10. Lewis Hamilton (Formule Een) $400 miljoen

– Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.