Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Beukes-hulle uitoorlê spanmaats

Ná byna drie uur in die saal het Matthys Beukes en Gert Heyns Vrydag nog genoeg woema in hul bene gehad vir ’n naelrit na die eindstreep.

Dié span van PYGA Euro Steel was bobaas in die eerste skof van die Sani2c-bergfietsren, wat ná 82 km en 1 175 meter se klimwerk in Ixopo geëindig het.

Matthys Beukes (regs) en Pieter du Toit Vrydag op die Great Oke-enkelspoor in die eerste skof van die driedaagse Sani2c-bergfietstoer. Foto: Anthony Grote

Die wegspring Vrydagoggend was by die Glencairn-plaas in Himeville.

Beukes-hulle het met dié naelrit hul spanmaats Philip Buys en Pieter du Toit uitoorlê.

Hul wentyd van 2 uur 50 minute 13 sekondes was net twee sekondes vinniger as die naaswenners.

Matt Beers het net-net die eindstreep voor die tweede Euro Steel-span bereik, maar sy spanmaat, Wessel Botha, was nog sekondes agter hulle en hulle moes dus met die derde plek tevrede wees – in 2:50:19.

Beukes was baie in sy noppies met hul vertoning. “Ons en Beers-hulle (TypeDev Nanotime) het saamgery, maar met 15 km oor, het dinge takties begin raak.

“Dit was spannende rywerk, so ek is bly ons kon met goeie taktiek die deurbraak bewerkstellig. Dit is goed om twee spanne in die topdrie te hê,” sê Beukes.

Hou, brug, hou! Amy McDougall ry oor ’n drywende brug op die Mossbank-dam. oto: Anthony Grote

Beers sê Euro Steel het vier ryers, so hulle kan spantaktiek gebruik. "Ek en Wessel moet self sien kom klaar. Jy is gelukkig as jy op die eerste dag ’n gaping kan kry.”

Amy McDougall en Robyn de Groot (Motorlease Perigon) het die vroueren oorheers.

Hulle het in 3:24:03 agt minute voor Theresa Ralph en Kim le Court (Galileo Risk Infiniti Spot) oor die eindstreep gery.

De Groot sê hulle kon reeds by die 10 km-merk wegbreek.

Danielle Strydom en Janice Venter (Insect Science) was derde in 3:54:55.

• Saterdag se tweede skof strek oor 96 km met klimwerk van 1 896 m. Die eindpunt is die plaas Jolivet in Vulamehlo. Sondag se eindbestemming is Scottburgh. – Sportredaksie

Meer oor:  Bergfietsry  |  Sani2c  |  Matt Beers  |  Matthys Beukes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.