Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Beukes-hulle eindig algeheel eerste
Matthys Beukes lei Sondag ’n groep ryers in die laaste skof van die Sani2c-wedren. Agter hom is Philip Buys, Marco Joubert en Arno du Toit. Foto: Anthony Grote

Dit is altyd goed om ’n voorsprong te geniet.

Dit is Sondag weer bewys toe daar twee nuwe skofwenners in die Sani2c-bergfietswedren was.

Maar die voorste mans- en vrouespanne kon wel in Scottburgh in KwaZulu-Natal die vreugde geniet van ’n oorwinning, danksy die voorsprong wat hulle ná die eerste twee skofte geniet het.

PYGA Euro Steel se tweede span van Philip Buys en Pieter du Toit het die derde skof met ’n naelrit gewen, maar Matthys Beukes en Gert Heyns se voorsprong van vier minute, het gesorg dat hulle nie van die oorwinning beroof word nie.

Hul algehele wentyd was 8 uur 55 minute 16 sekondes.

Dieselfde het in die vroueren gebeur. Die voorlopers, Amy McDougall en Robyn de Groot, het die hele naweek die pas aangegee, maar toe McDougall by die 10 km-merk geval het, het hulle waardevolle tyd verloor.

Matthys Beukes en Gert Heyns is verheug oor hul Sani2C-oorwinning. Foto: Anthony Grote

By die 23 km-merk was daar ’n gaping van agt minute tussen die voorste twee spanne, maar die sterk duo van De Groot en McDougall het terugbaklei en die laaste skof minder as twee minute ná Theresa Ralph en Kim le Court klaargemaak.

McDougall en De Groot (Motorlease Perigon) se algehele wentyd was 10:40:41, teenoor Ralph-hulle van Galileo Risk Infiniti se 11.01.39. Danielle Strydom en Janice Venter (Insect Science) was derde in 12:22:48.

Amy McDougall en Robyn de Groot kon Sondagmiddag eindelik glimlag. Foto: Anthony Grote

Heyns en Beukes het die eerste en tweede skofte gewen, maar moes Sondag met die vyfde plek tevrede wees.

Arno du Toit en Keagan Bontekoning het die skof in die tweede plek voltooi nadat Du Toit van die voorste groep weggebreek en die eindstreep eerste oorgesteek het.

Buys en Pieter du Toit het algeheel tweede geëindig, met Matt Beers en Wessel Botha derde op die podium, al het hulle Sondag vierde geëindig.

Marco Joubert en Rudi Koen het in die tweede en derde skofte derde klaargemaak, maar ’n algehele podiumplek misgeloop.

Heyns sê dit was een van die taaiste wedrenne om te wen.

“Die pas was vinnig, want almal het hul peil gelig vir die onlangse nasionale marathon-kampioenskap.

“Sani2c is een van die beste skofwedrenne in die land so dit is goed om dit op jou CV te kan sê,” sê Heyns.

McDougall sê sy was dankbaar vir die voorsprong wat hulle na die eerste twee dae geniet het.

“Jy moet nooit ’n oorwinning as vanselfsprekend aanvaar nie.”

De Groot sê sy en McDougall het ’n goeie ritme en verstandhouding. “Ons het geweet ons moet hard werk om die verlies te oorkom. Elkeen het geweet wat sy moes doen,” sê De Groot. – Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.