Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
‘Bid vir my man’, vra Spinks se vrou
Leon Spinks (links) se oorwinning in 1978 oor Muhammad Ali het die wêreld geskok. Foto: Getty Images
Leon Spinks en sy vrou, Brenda, twee jaar gelede by ’n onthaal van boks se heldesaal in Las Vegas. Foto: Getty Images

Leon Spinks, ’n voormalige swaargewig-bokskampioen van die wêreld, veg tans in ’n hospitaal in Las Vegas vir sy lewe.

Sy vrou, Brenda, het in ’n Facebook-inskrywing gevra dat mense vir hom moet bid.

“Dit was vir ons ’n moeilike jaar. Leon het met baie mediese probleme gesukkel,” het Brenda geskryf.

“Ek reik na julle uit en vra julle om vir my pragtige man, Leon, te bid sodat hy die hindernisse wat oor sy pad gekom het, kan oorkom.”

Volgens die webwerf TMZ veg Spinks vir sy lewe, maar daar word nie gesê wat presies sy mediese probleem is nie.

Spinks (66) sal altyd onthou word as die man wat Muhammad Ali in 1978 in een van die grootste verrassings tot nog toe in die boksgeskiedenis geklop het.

In Suid-Afrika word hy veral onthou vir sy geveg in 1979 teen Gerrie Coetzee in Monaco.

Coetzee het Spinks in die eerste ronde met ’n tegniese uitklophou verpletter.

Deur die jare het Spinks al met verskeie mediese probleme gesukkel. Hy het ’n onder meer in 2014 ’n maagoperasie ondergaan. – Reuters

Meer oor:  Gerrie Coetzee  |  Vsa  |  Legende  |  Boks  |  Vrou  |  Swaargewig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.