Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Bikini-boete: ‘Ons sal aanhou kortbroeke dra’

Die Noorweegse strandhandbalspan het ’n gebeurtenisvolle week agter die blad.

Noorweë dra kortbroeke op die Europese Kampioenskap. Foto: Instagram

Eers het die spelers in die moeilikheid beland omdat hulle geweier het om bikinibroekies in die Europese Kampioenskap te dra, toe ontvang hulle ondersteuning van ’n Grammy-wenner.

Die Europese Handbalfederasie (EHF) het Noorweë met €1 500 (€150 per speler) beboet weens “onbehoorlike kleredrag” nadat die span verlede week in kortbroeke deelgeneem het.

“Dit is skokkend om te dink dat ons moet betaal omdat ons nie in ons bikinibroekies wou speel nie,” sê die spanlid Tonje Lerstad.

Die 24-jarige doelwagter erken sy en haar spanmaats was in hul noppies toe die Amerikaanse popster Pink hulle op Twitter prys en boonop aanbied om die boetes te betaal.

“Dit is regtig noemenswaardig. Ons was uit die veld geslaan, maar dit was so ’n belangrike boodskap en ons waardeer dit.”

Volgens Lerstad “het dinge mal geraak” nadat die spelers standpunt ingeneem het oor hul uitrustings.

Sy is nie verras dat die span beboet is nie – hulle is immers vooraf gewaarsku – maar sy beskryf die straf as “onsin”.

“Dit is werklik onnosel, maar ons moet eenvoudig aanhou baklei.”

Tonje Lerstad, die span se doelwagter. Foto: Getty Images

Pink het in haar twiet gesê die EHF “moet beboet word vir seksisme”.

Die “Get the Party Started”- en “Cover Me in Sunshine”-sangeres hoef egter nie haar beursie oop te maak nie, want die Noorweegse Handbalfederasie het reeds die boete betaal.

“Sy hoef nie te betaal nie, maar sy kan vir ons kaartjies na een van haar konserte reël sodat ons haar in ons kortbroeke kan ontmoet,” skerts Lerstad.

Die span is van plan om munt te slaan uit al die aandag wat die rebellie ontlok het.

“Ons het so baie terugvoer van ander spanne ontvang, so ek reken die EHF sal nie anders kan as om die klerereëls volgende jaar aan te pas nie,” sê Lerstad.

Die Noorweërs se volgende wedstryd is op die Wêreldkampioenskap. Op die vraag of die span van plan is om voort te gaan om in kortbroeke te speel, sê Lerstad: “Ja, beslis.”

ABCSport, Sportredaksie

Meer oor:  Pink  |  Bikini  |  Strandhandbal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.