Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Biles hou duim vas vir Tokio-Spele
Simone Biles oefen reeds hard om haar staal by volgende jaar se Olimpiese Spele te wys. Foto: Getty Images

Die viermalige Olimpiese gimnastiekkampioen Simone Biles sê sy hoop die uitgestelde Spele in Tokio sal wel volgende jaar plaasvind.

“Ek bid vir die beste en hoop dit gaan voort – weens selfsugtige redes, natuurlik – maar ook vir al die atlete oor die hele wêreld wat hard werk om dié droom te verwesenlik,” sê die 23-jarige Amerikaner.

“Maar dan weer, ’n mens weet nooit. As almal se gesondheid in gevaar is, moet ons dit uit die aard van die saak nie doen nie.”

John Coates, ’n senior internasionale Olimpiese beampte, het verlede week gesê die organiseerders sal groot probleme moet oorkom as hulle volgende jaar die Spele wil aanbied.

Die organiseerders is ook onder druk van Japan se eerste minister, Sjinzo Abe, wat gesê het die byeenkoms kan nie langer as volgende jaar uitgestel word nie.

Ek het gewonder of ek nog ’n jaar sou kon wag. Ek word ouer. Sal ek steeds my beste kan lewer?
Simone Biles

Thomas Bach, president van die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK), het ook reeds gesê die Tokio-Spele sal geskrap word as dit nie volgende jaar kan plaasvind nie.

Biles, die mees bekroonde gimnas in wêreldkampioenskap-geskiedenis, sê sy het verlede week weer in die gimnasium begin oefen.

Sy sê die uitstel van die Spele en die inperkings weens die Covid-19-pandemie was “moeilik om te verwerk” en dat dit “onwerklik” gevoel het.

“Dit was moeilik, maar omdat die hele wêreld daardeur geraak is, het jy nie alleen gevoel nie,” sê sy.

Biles, wat in 2016 vier goue medaljes by die Spele in Rio de Janeiro gewen het, sê sy moes ook haar eie onsekerhede oorkom.

“Ek het gewonder of ek nog ’n jaar sou kon wag. Ek word ouer. Sal ek steeds my beste kan lewer? Maar ek weet my afrigters sal sorg dat ek op my beste is,” sê sy. – Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Gimnastiek  |  Simone Biles  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.