Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Binder-broers laat SA vlag wéér wapper

Die Binder-broers van Krugersdorp, veral die jonger boetie Darryn, het Sondag weer die Suid-Afrikaanse vlag laat wapper tydens die Aragon-Grand Prix vir motorfietse in Spanje.

Suid-Afrika se Darryn Binder (KTM) nadat hy Sondag tweede in die Moto3-ren tydens die Aragon-Grand Prix in Spanje geëindig het. Foto: Reuters

Die 22-jarige Darryn het tweede geëindig in die Moto3-ren nadat hy aan die einde van verlede maand die Kataloniese ren gewen het.

Ouer broer Brad was ook die bestendigheid vanself toe hy Sondag 11de in die MotoGP-ren geëindig het.

Ja, dis dalk effe teleurstellend, maar Brad, wat 16de weggespring het, het van die hardebaarde van MotoGP soos sy spanmaat, Pol Espargaro, Fabio Quartararo, Danilo Petrucci en Iker Lecuona in die skadu gestel.

Suzuki se Alex Rins het in ’n taai tweestryd teen die Honda-groentjie Alex Marquez kop gehou deur eerste verby die geruite vlag te jaag.

Rins se Suzuki-spanmaat, Joan Mir, was derde en het ook die nuwe voorloper op die kampioenskapspuntelys geword.

Mir (121 punte) word gevolg deur Quartararo (115), wat in ’n teleurstellende 18de plek geëindig het.

Binder is in die 11de plek met 67 punte.

Rins, wat tiende weggespring het, het reeds in die eerste rondte tot die vierde plek opgeskuif.

Hy het die voortou in die agtste ronde by Maverick Vinales (Yamaha) geneem en daar gebly.

Marquez, wat verlede Sondag eerste in die Franse Grand Prix op Le Mans was, het nege plekke op die puntelys geklim.

Hy het in die laaste vyf rondtes soos ’n neet aan Rins geklou, maar kon hom nie verbysteek nie. – Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Darren Binder  |  Ktm  |  Motogp  |  Moto3  |  Brad Binder  |  Aragon-Grand Prix
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.