Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Binder-broers vaar swak by Le Mans
Die Aussie Jack Miller neem ’n tradisionele sluk sjampanje uit sy renskoen nadat hy Sondag in Le Mans die Franse MotoGP gewen het. Foto: Reuters

Die twee Binder-broers, Brad en Darryn, sal dié naweek se besoek aan die Bugatti-baan in Le Mans nie lank onthou nie.

Brad het 13de in die MotoGP van die Franse Grand Prix geëindig nadat Darryn vroeër 20ste in die Moto3 geëindig het.

In die MotoGP het Ducati se Jack Miller senuwees van staal getoon toe hy in reën en op ’n nat baan eerste geëindig het met Johann Zarco (Ducati) tweede en Fabio Quartararo (Yamaha) derde.

Dit was Miller, van Australië, se tweede agtereenvolgende oorwinning ná sy sege twee weke gelede in die Spaanse Grand Prix. Hy sluit hom by sy landgenoot Casey Stoner aan wat dit laas in 2012 kon regkry.

Daar was groot drama toe twee van die gunstelinge, Alex Rins en Marc Marquez, ’n sesmalige kampioen, albei twee keer op die nat baan geval het en nie die ren kon voltooi nie.

Boonop is Miller en Francesco Bagnaia albei met met twee langer rondtes gestraf nadat hulle te vinnig in die kuipelaan gejaag het nadat daar motorfietse (gladde bande na natweerbande) omgeruil is.

Van die ander gunstelinge soos Joan Mir en Miguel Oliveira kon ook nie die ren voltooi nie.

Quartararo is die nuwe voorloper op die kampioene-punteleer met Binder 11de.

• In die Moto3 het Darryn Binder (Honda) 20ste geëindig. Die ren is deur Sergio Garcia (GasGas) gewen, met Filip Salac (Honda) tweede en Ricardo Rossi (KTM) derde.

Brad Binder Foto: Getty Images

Die jong Pedro Acosta is steeds voor op die kampioenepuntelys met Binder agtste.

Die Italiaanse MotoGP word op 30 Mei in Mugello beslis. – Reuters

Meer oor:  Motogp  |  Brad Binder
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.