Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Binder spring 21ste weg in Franse MotoGP
Brad Binder laat wiel op die Bugatti-baan.

Net 11 dae nadat hy onder die mes was vir ’n armbesering, het die Fransman Fabio Quartararo gister die kroonposisie in die Franse MotoGP verseker.

Quartararo was begin vandeesmaand voor op die MotoGP-puntelys voor die Spaanse Grand Prix, maar hy het sodanig spierprobleme in een van sy arms gehad dat hy die ren in trane voltooi het.

Ná verlede week se operasie is daardie trane egter vergete, met die 22-jarige Fransman terug op sy beste. Hy het gister op ’n reënerige dag by Le Mans in die doodsnikke van die laaste kwalifiseringsessie die hart van sy Yamaha-spanmaat, Maverick Vinales, gebreek. Hy het 0.081 sekondes vinniger as Vinales om die baan gejaag om die kroonposisie te bespreek.

Suid-Afrika se Brad Binder se kwalifiseringsprobleme duur voort. Hy sal vandag net 21ste op die rooster gaan staan, nadat hy nie die eerste kwalifiseringsessie kon oorleef nie. Sy spanmaat Miguel Oliveira spring tiende weg.

Darryn Binder sal 16de wegspring in die Moto3-ren.

Meer oor:  Brad Binder  |  Fabio Quartararo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.