Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Binnelandse hengelaars seëvier

Moenie dink kinders van die Vrystaatse vlaktes ken nie van diepseehengel nie, want ’n binnelandse span het onlangs die kinders van die kus op hul eie turf ore aangesit.

Die Vrystaatse Diepseehengelvereniging se o.16-span het lyn in Durban ingegooi en ’n goue medalje uitgetrek op die Suid-Afrikaanse Diepseehengelvereniging (SADSAA) se nasionale junior kampioenskap vir roofvishengel.

o.16- en o.19-spanne neem aan dié vierdaagse kampioenskap deel.

Die wenspan in die o.16-afdeling is van links die Vrystaters Eben Botha (15, kaptein) van die Hoërskool Fichardtpark, Dewandre Smith (11) van die Hoërskool Staatspresident Swart en Francois Rossouw (14) van die Hoërskool Bothaville.

Die Vrystaatse span met Eben Botha (15, kaptein) van die Hoërskool Fichardtpark, Dewandre Smith (11) van die Hoërskool Staatspresident Swart en Francois Rossouw (14) van die Hoërskool Bothaville, het in die o.16-afdeling, waaraan agt spanne deelgeneem het, geseëvier. Gauteng het die tweede en Suid-Gauteng die derde plek behaal.

Die SADSAA-span, die nasionale span, het die o.19-afdeling gewen, gevolg deur die spanne Natal Swart en Suid-Gauteng Maroen. Tien spanne het in dié afdeling meegeding.

Die Noord-Kaapse matriekseun Phillip Papachristoforus van die Hoërskool Kalahari op Kuruman, deel van die Vrystaatspan, het sy SADSAA-kleure op die geleentheid gekry en vir dié span in die 0.19-afdeling meegeding.

Die Vrystaatse o.19-span het die vyfde plek in die afdeling behaal.

Phillip Papachristoforus, matriekseun van die Hoërskool Kalahari op Kuruman, het vir die SADSAA-span, wat eerste in die o.19-afdeling gekom het, meegeding. Hy is lid van die Vrystaatse span.

Dewald Smith, sekretaris van Vrystaatse Diepseehengelvereniging, is baie trots.

“Ons het altwee die Natal-spanne en altwee die Zoeloeland-spanne, die manne wat by die see bly, geklop.”

Die deelnemers kon weens die weersomstandighede net drie van die vier dae op die water wees.

Hy sê die gewig van die roofvis wat oor die aantal dae deur ’n span gevang is, word opgetel en dan met ’n formule bereken om elke span se punte aan te dui.

Smith sê die Vrystaters probeer gereeld interklub-kompetisies doen en gaan na onder meer Jeffreysbaai en Oos-Londen hiervoor.

Verder word hulle maar touwys oor knope gemaak.

Meer oor:  Binnelanders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.