Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Andy Birkett dog sy Dusi is verby
Nie eens ’n swem kon Andy Birkett en Khumbulani Nzimande verhoed om hul tweede agtereenvolgende skofoorwinning te behaal nie. Foto: Gameplan Media

Die Dusi-voorlopers, Andy Birkett en Khumbulani Nzimande, het Vrydag ’n bietjie water van ’n vol uMngeni-rivier gesluk en gedink hul titel-aanslag is verby.

Hulle het egter op merkwaardige wyse teruggeveg om weer die voortou te neem en die tweede skof oor 46 km in twee uur 54 minute 5 sekondes te wen. Hul algehele tyd is 5:33:12.

Daar was ’n groter verandering in die vroueafdeling.

Die Glencairn-susters Bianca (voor) en Tamika Haw se foutlose vertoning het aan hulle die posisie as algehele Dusi-voorlopers besorg. Vrydag se tweede skof het op die Inandadam geëindig. Foto: Gameplan Media

Die susters, Tamika en Bianca Haw, het vroeg in die skof ’n vroeë aanslag geloods en hul agterstand teenoor die voorlopers, Christie Mackenzie en Cana Peek, laat krimp.

Toe Mackenzie-hulle boonop meganiese probleme ondervind en tyd moes inboet, het die Haw-susters hul kans aangegryp en die skof in 3:19:59 gewen.

Hulle geniet nou ’n voorsprong van meer as agt minute.

“Ons het ons huiswerk gedoen oor vandag se roete,” sê Tamika.

Toe Birkett en Nzimande by die Gauging-keerwal uit hul K2-kajak val, was Thulani Mbanjwa en Sbonelo Khwela vinnig op hul hakke om hul teëspoed te probeer uitbuit.

“Toe ons uitval, het ek gedink ons Dusi-uitdaging is verby,” sê Birkett.

Dié Oos-Kapenaar mik na sy tiende Dusi-titel.

“Toe ons in die boot terugklim, het ek geweet ons hoef hulle nie in die volgende 2 km in te haal nie, ons kon net ons pas handhaaf.

“Ons het gelukkig voor die keerwal al ’n bietjie tyd in die hand gehad teenoor Sbonelo en Banji. Daar was dus genoeg tyd om hulle weer in te haal,” sê Birkett.

Ons het gelukkig voor die keerwal al ’n bietjie tyd in die hand gehad teenoor Sbonelo en Banji. Daar was dus genoeg tyd om hulle weer in te haal.
Andrew Birkett

Khwela sê hulle wou nie op die dam té veel uithaal en hul energie mors nie.

Khwela en Mbanjwa is algeheel tweede met Lance Kime en Shaun Rubenstein in die derde plek.

Saterdag se derde en laaste skof strek oor 32 km van die Inandadam na Blue Lagoon in Durban. – Sportredaksie

Meer oor:  Andy Birkett  |  Durban  |  Kwazulu-Natal  |  Kanovaart  |  Dusi-Kanomarathon
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.