Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Birmingham se skote en teikens klap – in Indië!
Sanjeev Rajput was in 2018 een van Indië se suksesvolste skuts by die Statebondspele in Australië. Foto: Getty Images

Die boogskiet- en skietnommers van 2022 se Statebondspele sal in Chandigarh, Indië, aangebied word – ses maande voordat die eintlike Spele in Birmingham, Engeland, begin.

Indië se sportowerhede het dié voorstel gemaak nadat dié land gedreig het om die Spele te boikot toe skiet van die program uitgesluit is, berig bbcsport.com.

Die uitvoerende raad van die Statebondspele-federasie het die voorstel goedgekeur.

Die nommers sal in Januarie 2022 aangebied word, met die Spele wat van 27 Julie tot 7 Augustus sal plaasvind.

Chandigarh en Birmingham sal apart georganiseer en gefinansier word, maar medaljes sal vir die algehele kompetisie tel.

Skiet is sedert 1966 by elke Spele aangebied, behalwe by een geleentheid.

Skiet is sedert 1966 by elke Spele aangebied, behalwe by een geleentheid.

Die organiseerders het egter verlede jaar aangekondig skiet en boogskiet sal nie deel van die program wees nie, want dit is opsionele sporte vir gasheerstede.

Indië het ’n puik en trotse rekord in skietkompetisies. Sy skuts het by 2018 se Statebondspele in die Goudkus 16 van sy 66 medaljes gewen en gesorg dat hy derde op die medaljelys eindig.

Indië het derhalwe gedreig om die sportbyeenkoms te boikot sou ’n ooreenkoms nié bereik kon word nie. – bbc.com

Meer oor:  Indië  |  Birmingham  |  Statebondspele  |  Boikot  |  Skiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.