Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
‘Protea-kultuur bloudruk vir netbal in SA’

Netbal Suid-Afrika (NSA) het sy steun gevoeg by die Black Lives Matter-veldtog, wat wêreldwyd momentum kry teen rassediskriminasie en ongelykheid in die samelewing en sport.

NSA het vandeesweek in ’n verklaring gesê hy is gekant teen rassisme, enige vorm van diskriminasie en vooroordeel teenoor iemand op grond van die kleur van sy of haar vel.

Die Proteas maak kringetjie voor ’n toets teen Engeland in 2019. Cecilia Molokwane, president van Netbal Suid-Afrika, sê dié span is soos ’n familie. Foto: Gallo Images

“Ons kan nie onkundig wees oor die sosiale ongeregtighede van ons verlede as ’n samelewing nie. Ons kan nie in ’n posisie wees waar ons optree en ons gedra asof die geskiedkundige nalatenskap ons nié beïnvloed het nie en asof dit ons nié lei hoe ons dinge doen nie.”

NSA sê BLM is ’n belangrike gesprek oor maatskaplike ongeregtighede, wat ons moet hê.

“Dit moet nie net ’n gesprek of lippediens wees nie, maar moet gevolg word deur optrede, wat ten doel het om ongeregtighede van die verlede reg te stel.”

Cecilia Molokwane, president van NSA, sê as ’n voormalige speler het sy dikwels met diskriminasie te doen gekry.

“Daarom het ek, toe ek verkies is, seker gemaak ons hanteer hierdie kwessies wat ons al so lank kwel.

“Geen huidige speler moet beleef wat ek deurgegaan het nie. Dit is nie ’n werk wat oornag gedoen kan word nie.

“Ons werk voortdurend daaraan om hierdie monster in ons sport te takel en uit te roei.

Cecilia Molokwane, president van Netbal Suid-Afrika. Foto: Verskaf

“Rassisme het geen plek in die samelewing of in enige vorm van sport nie. Ons moet dit uitroei,” sê Molokwane.

Sy sê sy benadruk dikwels dat jy die verandering moet wees wat jy wil sien.

“Ons moet erken dat ons land ’n kwetsende geskiedenis het en ons moet alles doen om die onregte van die verlede reg te stel.”

Molokwane sê “die huidige Protea-span is glad nie verdeeld nie. Geen van die spelers wat daar is, kan ooit sê dat daar teen hulle gediskrimineer is of was op grond van velkleur nie”.

“Hulle aanvaar mekaar as ’n familie en as susters. Dit is die kultuur wat ons bloudruk sal vorm.”

Molokwane het alle spelers, afrigters, skeidsregters, administrateurs en tegniese personeellede wat enige vorm van rassediskriminasie ervaar het, gevra om na vore te kom.

“Almal moet ons help om die kwessie aan te spreek.”

Molokwane sê Suid-Afrikaners moet saam bou aan die land.

“As NSA is ons verbintenis om bewaarders van gelyke geleenthede, regverdigheid en maatskaplike geregtigheid te wees.” – Sportredaksie

Meer oor:  Netbal  |  Cecilia Molokwane  |  Rassisme  |  Proteas  |  Blm
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.