Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Bly fiks en viets met Lerena se program

Wanneer die bokser Kevin Lerena jou vertel dat ’n ware kampioen “altyd ’n manier” vind, weet jy dat ook jy in hierdie tyd van isolasie geen rede het om oefening by die voordeur uit te smyt nie.

Die Suid-Afrikaanse bokser Kevin Lerena deel ’n paar truuks om die vetjies in die tyd van isolasie in bedwang te hou. Foto: Getty Images

Dié 27-jarige boorling van Johannesburg, wat tans die junior-swaargewigkampioen van die Internasionale Boksorganisasie is, erken dit is ’n uitdagende tyd.

“Dit is ’n hartseer tyd, maar tog is die isolasie noodsaaklik en moet dit ernstig opgeneem word indien ons land wil vorentoe beweeg in hierdie uitdagende tyd,” sê Lerena in ’n verklaring van Under Armour, ’n vervaardiger van sportdrag.

Hy erken dat dit ook ’n invloed op sy oefenprogram het.

“Dit beïnvloed my, maar ’n ware kampioen sal altyd ’n manier vind. Terwyl ons gesels, is ek tans besig om ’n oefenfiets van MiFitness (’n verspreider van gimnasium-toerusting) in my motorhuis te installeer.

“Dit is moontlik en maklik om op peil te bly. Kyk gerus na handleidings wat aanlyn beskikbaar is.

“Ek dink die sleutel tot die tyd in isolasie is om ’n ogie op jou dieet te hou, veral omdat jy minder as gewoonlik beweeg – selfs al oefen jy tuis,” sê Lerena.

Hy beveel dus aan dat diegene wat hul vietse lyfie wil behou veral moet let op hoeveel kalorieë hulle inneem.

Lerena se oefenprogram

Maar genoeg gepraat, hier is Lerena se oefenprogram wat jou net ’n rapsie meer as 30 minute sal besig hou:

1. 10 minute van touspring (kompleet soos wat jy jare gelede op skool gedoen het!). (Sien video.)

2. Vyf stelle van een minuut se “burpees” en een minuut se rus (sien video).

3. Vier rondes van boks in die lug, dit wil sê jy slaan in die lug met spoed en krag. Doen vier rondes van drie minute elk en neem ’n blaaskansie van 30 sekondes tussenin (sien video).


Meer oor:  Kevin Lerena  |  Fiksheid  |  Boks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.