Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Bofbal verwyder dagga van verbode lys

MLB, die beheerliggaam van Amerikaanse bofbal, het dagga verwyder van sy lys van verbode middels.

In die bofbalspeler Tyler Skaggs se lykskouing is dwelms gevind. Foto: Getty Images

FoxNews berig volgens die nuwe beleid, wat in 2020 in aanvang neem, sal spelers wat positief toets vir natuurlike kannabinoïed, dieselfde behandeling ontvang as gevalle wat verband hou met alkoholmisbruik.

Voortaan sal alle monsters getoets word vir opioïed, fentaniel, kokaïen en sintetiese kannabinoïed. Spelers wat positief toets vir hierdie middels sal eers verwys word vir behandeling voordat oor moontlike tugstappe besluit word.

“Die opioïed-epidemie in die VSA is kommerwekkend,” sê Dan Halem, ondervoorsitter van die MLB.

“Ons hoop dat hierdie ooreenkoms – wat geskoei is op beginsels van voorkoming, behandeling, bewustheid en opvoeding – sal help om die gesondheid en veiligheid van ons spelers te beskerm.

“Verder hoop ons om die publiek se bewustheid oor die risiko’s en gevare van opioïed-medisyne te bevorder en ’n positiewe bydrae tot die nasionale diskoers oor hierdie belangrike onderwerp te lewer.”

Die nuwe beleid kom maande ná die dood van die Los Angeles Angels-speler Tyler Skaggs (27), wat volgens ’n lykskouing dwelms, fentaniel en alkohol in sy lyf gehad het.

– Sportredaksie


Meer oor:  Dwelms  |  Verbode Middels  |  Opkikkers  |  Mlb  |  Dagga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.