Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Bofbalkaartjie lokaas om ingeënt te word

Hoe klink ’n Covid-19-inenting in ruil vir ’n gratis kaartjie om weer bofbal-aksie in ’n stadion te beleef?

New York se Major League-spanne, die Yankees en Mets, gee gratis kaartjies weg aan aanhangers wat hulle voor ’n wedstryd by die stadion laat inent, het Andrew Cuomo, die goewerneur van die staat New York, wat die stad graag na normaal wil laat terugkeer, bekend gemaak.

Wil jy bofbal kyk? Kry dan ’n inenting buite ons stadion, sê die New York Yankees. Foto: Getty Images

Hy het ook Dinsdag op ’n nuuskonferensie gesê kaartjies vir Broadway-vertonings sal vanaf Donderdag weer te koop wees. Die vertonings sal op 14 September begin.

Broadway-teaters, wat hul deure in Maart 2020 weens die pandemie moes sluit, sal stelselmatig weer hul deure heropen.

Cuomo se plan is om bolbaltoeskouers wat ingeënt is vanaf 19 Mei te skei van dié wat nie ingeënt is nie.

Bofbal-stadions sal in seksies verdeel word. Toeskouers wat ingeënt is, sal die sitplekke kan volpak sonder beperkings, terwyl ander dele van die stadion gereserveer word vir mense wat nie ingeënt is nie en tot ’n kapasiteit van 33% beperk word.

“Mense wat nié ingeënt is nie, sal twee meter uit mekaar moet sit én maskers dra.

Andrew Cuomo, die goewerneur van die staat New York. Foto: Reuters

Cuomo het gesê ’n toeskouer sal bewys van sy inenting moet lewer.

Die inwoners van Chicago sal ook later die maand konserte mag bywoon – maar nét as hulle ingeënt is.

Phil Murphy, goewerneur van New Jersey, het Operation Jersey Summer bekend gestel, wat die plan, Grateful for the shot, insluit om inwoners direk ná kerk na ’n inentingsentrum te laat gaan.

Dit sluit ook ’n glasie likeur en ’n bier in. Altgesaam 13 brouerye in New Jersey sal ’n gratis bier skenk aan mense ouer as 21 wat kan bewys dat hulle in Mei ingeënt is.

Meer konserwatiewe goewerneurs van state soos Florida en Texas is gekant teen die sogenaamde “inentingspaspoort” en voordele vir diegene wat ingeënt is. – Reuters

Meer oor:  Bofbal  |  Andrew Cuomo  |  New York
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.