Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Boks-afrigter katswink geslaan
James Ali Bashir en Ruann Visser besig om te oefen toe die Amerikaner nog die Giant King se afrigter was. Foto: Facebook

Die Suid-Afrikaanse swaargewigbokskampioen Ruann Visser se vorige afrigter sal dalk chirurgie aan sy gesig moet ondergaan nadat hy by die inweeg van ’n geveg aangerand is.

James Ali Bashir is Vrydag in Flint, Michigan, van agter teen sy nek deur ’n lid van Clarissa Shields, Amerikaanse vrouebokser, se gevolg geslaan.

Ruann Visser vra op sy Facebook-blad dat mense vir James Ali Bashir se spoedige herstel moet bid. Foto: Facebook

Bashir is die afrigter van Ivana Habazin, ’n Oekraïense vegter, wat in die naweek teen Shields vir die Wêreldboksraad (WBR) se vakante ligmiddelgewig-titel sou baklei het.

Volgens die BBC wou Bashir kyk hoeveel weeg Shields en het hy in ’n stryery met van Shields se ondersteuners betrokke geraak.

Dis toe dat hy deur iemand teen die nek geslaan is en op sy gesig geval het.

Timothy Johnson, polisiewoordvoerder van Flint, sê iemand is in hegtenis geneem.

Ivana Habazin en James Ali Bashir. Foto: Getty Images

Fight News berig dat die skuldige moontlik Shields se broer is, wie se naam nie bekend is nie.

Die geveg is ná die aanranding deur die WBR tot verdere kennisgewing afgestel. Die WBR het ook die aanval verdoem.

Habazin sê Shields en haar gevolg het “geen klas” nie. Sy was ook krities oor die swak veiligheidsreëlings by die inweeg.

Bashir het in sy loopbaan as afrigter ook saam met bekende boksers soos Wladimir Klitschko en Shannon Briggs gewerk.

Hy was tot onlangs nog die Giant King, soos Visser ook bekend staan, se afrigter.

Visser het op sy Facebook-blad gevra dat mense vir Bashir moet bid.

Clarissa Shields / Foto: Getty Images

Meer oor:  Boks  |  Ruann Visser
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.