Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Boksgeveg-drama in België en Texas
Ryad Merhy het Zhaoxin Zhang in Brussel ’n kwaai pakslae gegee. Foto: Getty Images

Ryad Merhy, die Belg teen wie Kevin Lerena Saterdag sou boks, het sy geveg teen Zhaoxin Zhang van China in Brussel met ’n tegniese uitklophou in die agtste ronde gewen.

Zhang het op kort kennisgewing in Lerena, wat weens ’n beseerde hand hom moes onttrek, se plek meegeding.

Danksy dié oorwinning is Merhy steeds die Wêreldboksvereniging se junior-swaargewigkampioen.

Daar was ook drama in San Antonio in Texas waar Jermell Charlo van Amerika en Brian Castano van Argentinië gelykop geboks het.

Charlo is die Wêreldboksvereniging, Wêreldboksraad en Internasionale boksfederasie se junior-middelgewigkampioen en Castano die Wêreldboksorganisasie s’n.

Die beoordelaars het almal verskillende telkaarte ingegee. Volgens Tim Cheatham was dit gelykop 114-114 en Steve Weisfeld het gedink Castano was met 114-113 baas.

Neiso Vasquez se telling van 117-111 vir Charlo grens volgens die meeste kritici aan die lagwekkende.

Jermell Charlo (links) en Brian Castano (middel) gaan waarskynlik weer teen mekaar baklei nadat hulle Saterdag in San Antonio gelykop geboks het. Foto: Getty Images

– Boxing Scene, Fight News

Meer oor:  Boks  |  Kevin Lerena
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.