Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Supergeveg in Saoedi-Arabië beslis

Die langverwagte wêreldswaargewig-unifikasiegeveg tussen die Britte Tyson Fury en Anthony Joshua sal na verwagting in Augustus in Saoedi-Arabië beslis word, het die promotor Eddie Hearn vandeesweek gesê.

Tyson Fury probeer Anthony Joshua reeds met ’n paar verbale opstoppers van stryk bring. Foto: Getty Images

Joshua (31) is die houer van die Internasionale Boksfederasie (IBF), Wêreldboksorganisasie (WBO), Wêreldboksvereniging (WBV) en Internasionale Boksorganisasie (IBO) se titels. Die 32-jarige Fury is op sy beurt die Wêreldboksraad (WBR) se kampioen.

“7 Augustus of 14 Augustus. Ek dink dis ’n swak bewaarde geheim dat die geveg in Saoedi-Arabië gaan plaasvind,” het Hearn, die hoof van Matchroom Sport en ook Joshua se promotor, aan Sky Sports gesê.

“Dis dieselfde mense (in Saoedi-Arabië) saam met wie ons die geveg teen Andy Ruiz gehad het en daardie toernooi was skouspelagtig. Hulle is fantastiese vennote,” het Hearn gesê.

Joshua het sy gordels, wat hy op verrassende wyse aan Ruiz afgestaan het, teruggewen toe hy in Desember 2019 die Mexikaan-Amerikaner aan die buitewyke van Riyadh, Saoedi-Arabië se hoofstad, verslaan het.

Volgens Hearn bestudeer Fury se prokureurs tans die bepalings van die voorgestelde kontrak vir die geveg en kan ’n amptelike aankondiging dalk al later dié week gedoen word.

Anthony Joshua wil in Saoedi-Arabië die wêreld se onbetwiste swaargewig-wêreldkampioen word. Foto: Getty Images

“Ons is gemaklik en Anthony is gemaklik (met ’n geveg in Saoedi-Arabië). Hulle (die gevegknopers daar) het laas elkeen van hul beloftes nagekom, so ons is reg om weer daar te gaan veg.”

Hearn meen 14 Augustus sal waarskynlik ’n beter datum as die sewende wees aangesien die Olimpiese Spele eers op die agtste klaarmaak en dié geveg nie soveel aftrek sal kry as dit dus tydens die Spele plaasvind nie.

Hearn het in Maart gesê dat Fury en Joshua ingestem het tot ’n ooreenkoms ingevolge waarvan hulle twee keer teen mekaar sal boks, met die wenner wat dan die onbetwiste swaargewigkampioen van die wêreld sal wees.

Fury is nou al meer as ’n jaar buite aksie. Sy laaste geveg was sy uitklopoorwinning oor Deontay Wilder in Februarie verlede jaar.

Joshua se laaste geveg was in Desember verlede jaar teen die Bulgaar Kubrat Pulev.

Spartaan, ek’s moeg. My aanhangers is moeg. Jou ondersteuners is moeg. Ons is almal moeg gepraat. Meer aksie!

Fury en Joshua was die laaste ruk wel baie aktief op sosiale media en het reeds ’n paar verbale houe in mekaar se rigting gemik.

Fury het ook verlede week op ’n podsending gesê dat hy Joshua se swakhede aan die kaak sal stel en hom “soos ’n warm mes deur botter” sal afmaai.

Fury het ook gesê die ware verskil tussen hulle is dat Joshua ’n sakeman is, terwyl hy wat Fury is ’n “Spartaan” is.

Joshua het toe Dinsdag op Twitter soos volg geantwoord: “Spartaan, ek’s moeg. My aanhangers is moeg. Jou ondersteuners is moeg. Ons is almal moeg gepraat. Meer aksie!”

Fury het daarop weer gereageer deur te sê dat Joshua iemand is met meer bek as binnegoed. – Reuters

Meer oor:  Boks  |  Tyson Fury  |  Eddie Hearn  |  Anthony Joshua
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.