Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Boks: Visser hof toe ná lang skorsing
Gelukkiger tye. Ruann Visser in die kryt ná sy oorwinning oor Justice Siliga in Junie verlede jaar in Pretoria. Links is Nefdt Visser, sy pa en bestuurder, en regs met die pet is Steve Kalakoda, sy afrigter. Heel regs is Ruben Visser, die bokser se broer. Foto: Gallo Images

Die Suid-Afrikaanse bokskampioen Ruann Visser gaan appèl aanteken teen ’n skorsing van vier jaar wat deur die Internasionale Hof vir Sportarbitrasie (Cas) aan hom opgelê is.

Volgens ’n verklaring op die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport (Saids) se webwerf, geld die skorsing onmiddellik. Daarvolgens mag Visser nie aan gevegte deelneem nie, hy mag nie skerm nie en hy mag nie in ’n georganiseerde boksomgewing oefen nie. Hy mag nie eens aan enige ander mededingende sportsoort deelneem nie.

Dit volg nadat die Wêreldagentskap teen verbode middels (Wada) by Cas, wat in Lausanne in Switserland gesetel is, appèl aangeteken het toe Visser vroeër in die Kaapse hooggeregshof onskuldig bevind is nadat Saids hom geskors het.

Visser het op 23 Februarie 2018 positief getoets vir ’n verbode middel in sy urine ná sy geveg teen Osborn Machimana in Vanderbijlpark.

Nefdt Visser, die bokser se pa en bestuurder, sê hy en sy regspan gaan nou Switserland toe.

Ruann is reeds hier onskuldig bevind en ons sal al daardie inligting na die Switserse federale hof (wat die appèl teen die Cas-beslissing sal aanhoor) neem.
Nefdt Visser

“Ruann is reeds hier onskuldig bevind en ons sal al daardie inligting na die Switserse federale hof (wat die appèl teen die Cas-beslissing sal aanhoor) neem,” sê hy.

“Die paneel wat laas Saids se skorsing ongeldig verklaar het, het 30 punte gevind waar daar gefouteer is in die saak teen Ruann.”

Volgens Nefdt is sy seun se urinemonster byvoorbeeld nie in beheerde toestande in ’n yskas gehou nie, maar sommer in iemand se huis, voordat dit getoets is.

“Dit is beslis nie die laaste woord oor die saak nie. Ruann is onskuldig en sal weer boks,” sê Nefdt.

“Dit kan enigiets van agt tot 12 maande neem voordat die saak afgehandel is en hy sal die tyd gebruik om heeltemal van sy skete gesond te word.”

Visser het in Desember in Kampsbaai uit die kryt geval toe hy sy titel teen Tian Fick sou verdedig en ’n tou gebreek het.

“Ons wag ook nog vir terugvoering van Boks SA oor sy ondersoek oor daardie kwessie,” sê Nefdt.

Meer oor:  Ruann Visser  |  Johannesburg  |  Switserland  |  Boks  |  Swaargewig  |  Saids
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.