Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Boksbase gaan Visser se val ondersoek
Ruann Visser, Suid-Afrikaanse swaargewigkampioen. Foto: Gallo Images

Dit kan nog ’n hele paar weke duur voor al die vrae beantwoord kan word oor die voorval waartydens die Suid-Afrikaanse swaargewigbokskampioen, Ruann Visser, Maandag uit ’n kryt in Kampsbaai geval het.

Tsholofelo Lejaka, uitvoerende hoof van Boks Suid-Afrika, sê egter dit is nie omdat die moederliggaam die voorval ligtelik opneem nie.

“Allermins. Boks SA besef dat die voorval die sportsoort se beeld skade aangedoen het. Dis beslis nie ’n grap nie en ons sal dit so deeglik ondersoek en ontleed as wat ons kan,” sê Lejaka.

Beeldmateriaal wys hoe die Giant King (soos Visser bekend is in bokskringe) teen die toue leun voor sy titelgeveg teen Tian Fick begin. Die een tou breek dan los en hy val uit die kryt. Dié video is wêreldwyd op sosiale media gedeel.

“Boks SA se kantore (in Pretoria) is reeds vir die feestyd gesluit en maak eers vroeg in Januarie weer oop, maar ek het dadelik na Kaapstad gegaan om persoonlik te kom uitvind wat gebeur het,” sê Lejaka.

Lejaka het reeds met van die meeste rolspelers vergader. Dit sluit in Nefdt Visser, die Giant King se pa en bestuurder, en Jack Brice, namens die promotors Insane Boxing Promotions.

Ek wou my eerstens vergewis van die boksers se welstand. Ek het al met van die rolspelers gesels en wag nou almal se voorleggings in.
Tsholofelo Lejaka

“Ek wou my eerstens vergewis van die boksers se welstand. Ek het al met van die rolspelers gesels en wag nou almal se voorleggings in,’’ sê Lejaka.

“Ons sal dan ’n deeglike ondersoek doen en hoop om dan antwoorde te kry.”

Tsholofelo Lejaka, uitvoerende hoof van Boks Suid-Afrika.Foto: Facebook

Lejaka wou nie bespiegel oor wat verkeerd kon gegaan het of wie se skuld dit was dat die fratsongeluk gebeur het nie.

Hy wou ook nie bespiegel oor moontlike strafmaatreëls wat opgelê kan word nie.

“Die veiligheid van ons boksers is prioriteit op ons lys. Ja, dis goed en wel die skeidsregter sê: ‘Beskerm jouself te alle tye’, maar dan moet die boksers hulle ook nie oor ’n kryt wat breek of sulke soort goed hoef te kwel nie,” sê Lajeka.

“Ons sal hierdie voorval gebruik om uit te leer en om sekere maatreëls te tref sodat so iets nooit weer gebeur nie.’’

Visser kon weens die beserings wat hy opgedoen het nie sy titel teen Fick verdedig nie. Sy pa het vroeër gesê hy was gelukkig om nie sy rug te breek nie.

Meer oor:  Ruann Visser  |  Tsholofelo Lejaka  |  Kampsbaai  |  Boks  |  Uitvoerende Hoof  |  Val  |  Bsa  |  Ondersoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.