Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Boksbreier Mzi Mguni weer gegroet
Wyle Mzi Mnguni (tweede van links) het verskeie boksers gehelp om kampioene te word. Hier is hy saam met van sy vegters by King Korn en Boxing Worlds se toekenningsaand wat in 1998 in Sandton in Johannesburg gehou is. Van links is Zolani Petelo, Mnguni, Vuyani Bungu en Hawk Makepula. Foto: Boxing World

Die plaaslike boksgemeenskap neem steeds afskeid van een van sy grootste seuns wat onlangs dood is.

Ná die voormalige afrigter en bestuurder Mzi Mnguni (73) se dood op 13 Februarie is hy ná ’n erediens laas Sondag in Oos-Londen in sy geboortedorp Alice begrawe.

Omdat sy vriende en voormalige kollegas in Nelson Mandelabaai egter weens die Covid-19-beperkings nie die diens of die begrafnis kon bywoon nie, is daar gevoel dat hy ook by ’n erediens in Port Elizabeth gehuldig moes word.

Só lyk Mzi Mnguni se grafsteen by sy graf in die Oos-Kaapse dorpie Alice. Foto: Facebook

Daarom het Nceba Dladla, Boks Suid-Afrika se bestuurder in die Oos-Kaap, en Zolani Bongco, voormalige bokskommentator, vir Mnguni se familie gevra of hulle so ’n gedenkdiens kan hou.

Die familie het ingestem en die gedienkdiens word nou in samewerking met die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit se departement van sport en kultuur Woensdag van 10:00 tot 12:00 in die Nangoza Jebe-saal in New Brighton net buite Port Elizabeth gehou.

Mguni het tien wêreldkampioene en 14 nasionale kampioene afgerig. Dit was hy wat, met behulp van die promotor Rodney Berman, gehelp het dat manne soos Welcome Ncita, Hawk Makepula en Vuyani Bungu wêreldkampioene geword het.

Mguni het in 2014 ’n hartaanval gehad en moes in sy laaste jare in ’n rolstoel oor die weg kom terwyl sy gesondheid geleidelik verswak het.

– Sportredaksie

Meer oor:  Boks  |  Mzi Mnguni
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.