Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Bokser 'breek vrou se kakebeen'

Die Duitse bokser Tom Schwarz, wat drie jaar gelede bekendheid verwerf het toe hy teen Tyson Fury baklei het, is in die moeilikheid omdat hy glo sy gewese verloofde se kakebeen afgeslaan het.

Tom Schwarz op die aanval in sy geveg in 2019 teen Tyson Fury. Schwarz kon die Brit nie so maklik raak slaan soos hy later glo met sy verloofde reggekry het nie. Foto: Getty Images

Schwarz (26) moes vandeesweek in die hof verskyn op aanklag van aanranding op Tessa Schimschar, maar die saak is uitgestel.

Die koerant Bild berig dat Schwarz en Schimschar, aan wie hy toe verloof was, op 31 Mei 2020 stry gekry het.

Schwarz het Schimschar in die rusie voor ’n pizzawinkel in Lostan, ’n dorpie in Saxony-Anhalt, na bewering met die vuis geslaan.

Schimschar se onderste kaak is deur die impak van die hou op drie plekke gebreek.

Dis blykbaar nie die eerste keer dat Schwarz fisiek raak met die vrou in sy lewe nie. Annemarie Eifeld, met wie hy in 2014 en 2015 uitgegaan het, het hom aan Bild as ’n “tikkende tydbom” beskryf.

Schwarz was in 2019 nie juis buite Duitsland bekend nie. Toe hy egter teen Fury, ’n swaargewigkampioen, in Las Vegas gaan boks het, het hy wêreldbekend geword.

Schwarz was in sy kragmeting met Fury meestal die aggressor, maar Fury het sy aanvalle met gemak ontduik en het hom in die tweede ronde met ’n tegniese uitklophou verslaan.

Schwarz het ná dié nederlaag met twee oorwinnings teruggebons en sy pak slae teen Fury is steeds sy enigste in 27 beroepsgevegte. – Bild, Boxing News

Kyk hier na hoogtepunte uit die geveg tussen Tyson Fury en Tom Schwarz

Meer oor:  Tom Schwarz  |  Boks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.