Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Wittebrood verby, nou kan vuiste klap!
Joe Smith het in Februarie met sy nooi Kelley getrou toe sy geveg teen Maxim Vlasov weens Covid uitgestel is. Foto: Getty Images

Joe Smith se wittebrood is verby en nou soek hy ’n wêreldtitel!

Smith (31) sou in Februarie teen Maxim Vlasov (34) van Rusland vir die vakante ligswaargewigtitel van die Wêreldboksorganisasie te staan gekom het.

Vlasov het egter Covid-19 gekry en die geveg moes uitgestel word.

Nou is Vlasov reg en boks die twee manne Saterdagaand in die Osage-casino in Tulsa, Oklahoma, om te bepaal wie die nuwe WBO-kampioen gaan wees.

“Ek was 100% reg om in Februarie te boks, maar toe word die geveg uitgestel. Ek het toe maar getrou en my wittebrood geniet, maar nou is ek weer reg om 100% te gee,” het Smith hierdie week aan RingNews24 gesê.

Maxim Vlasov (links) is ’n baie ervare vegter. Hier is hy in ’n vorige geveg teen Gilberto Ramirez van Mexiko in aksie. Foto: Getty Images

Vlasov sê hy het die ekstra tyd gebruik om “deeglik navorsing” oor sy Amerikaanse teenstander te doen.

Die ervare Rus – hy het al 48 gevegte in die beroepskryt agter die rug – het voorheen ook in die afdeling vir junior-swaargewigte geboks voordat hy na die ligswaargewig-afdeling afgeskuif het.

Vlasov het sover net drie van sy 48 gevegte verloor. Smith was self ook net drie keer in 29 gevegte aan die verloorkant gewees. 

Kyk hier na ’n paar hoogtepunte uit Joe Smith se boksloopbaan

– Sportredaksie

Meer oor:  Boks  |  Maxim Vlasov  |  Joe Smith
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.