Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Bokser toets 2de keer positief

Jamel Herring se hoop om sy junior liggewigtitel van die Wêreldboksorganisasie te verdedig, is ’n tweede keer verydel omdat dié Amerikaanse bokser wéér positief vir Covid-19 getoets is.

Herring sou sy titel Woensdagoggend (Suid-Afrikaanse tyd) in die MGM Grand-casino in Las Vegas teen Jonathan Oquendo van Puerto Rico verdedig het.

Herring en Oquendo sou aanvanklik in Junie teen mekaar geboks het, maar die Amerikaner is tóé positief getoets vir die koronavirus.

Jamel Herring sal maar volgende maand weer moet probeer om sy WBO-titel te verdedig. Foto: Getty Images

“Ek is toe in kwarantyn geplaas en het herstel en my dokter het gesê ek kan weer boks,” het Herring aan ESPN gesê.

“Ek is toe weer op 3 Julie getoets en my toets was negatief, so hierdie nuwe uitslag (van ’n toets kort voor die geveg) was ’n totale verrassing.”

Bob Arum van die promotors Top Rank het gesê Herring en Oquendo sal mekaar nou hopelik in Augustus pak.

Hy het ook gesê dat Herring teen die einde van die jaar teen die Brit Carl Frampton sal boks, mits hy met Oquendo kan afreken.

Frampton moet ook eers sy geveg in Augustus in Brittanje teen sy volgende teenstander wen.

Dis nog nie bekend teen wie Frampton gaan boks nie.

Met Herring en Oquendo se geveg van die baan, het die kollig toe Woensdagoggend op twee vroueboksers geskyn.

Mikaela Mayer het haar kans aangegryp om in die hoofgeveg van die toernooi in Las Vegas met Helen Joseph van Nigerië in ’n geveg in die afdeling vir junior liggewigte af te reken.

Mayer was maklik met punte oor tien rondes baas en Arum het haar belowe dat haar volgende geveg een vir ’n wêreldtitel sal wees.

In nog ’n geveg by dieselfde toernooi, het die middelgewig Clay Collard met ’n tegniese uitklophou in die tweede ronde oor LT Nelson geseëvier.

Daar word Donderdag nog ’n toernooi by die MGM Grand-casino gehou.

Die veergewigte Miguel Marriaga van Colombia en Mark John Yap van die Filippyne pak mekaar in die hoofgeveg. – Sportredaksie

Meer oor:  Koronavirus  |  Boks  |  Jamel Herring  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.