Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Bokser veg vir gay-regte ná Twitter-kritiek

Die voormalige Britse middelgewigbokser Anthony Ogogo het in ’n vurige kampvegter vir gay-regte ontpop nadat hy sy suster en haar vrou in die huwelik bevestig het.

Die voormalige bokser Anthony Ogogo en sy vrou, Casey, is nogal sosiale vlinders. Foto: Getty Images

’n Week of wat ná die troue op 23 Junie het die 30-jarige Ogogo ’n foto van Joanne en Helen getwiet.

Dit het tot homofobiese uitlatings gelei, maar Ogogo het hom nie daardeur laat afsit nie.

“Vir die paar honderd (Twitter-)volgelinge wat ek verloor het, het ek ’n paar duisend bygekry,” het hy aan SkySports gesê.

Ogogo, wat in 2016 weens ’n oogbesering opgehou boks het, het ook onthul dat hy beplan om aan optogte vir gay-regte deel te neem.

Hy is ook bereid om op televisie te verskyn om oor homofobie te gesels.

“Of jy ’n man en ’n man is, of ’n vrou en ’n vrou, dis heeltemal irrelevant. Die feit dat party mense daarop neersien, ontstel my,” het Ogogo gesê. “Dit maak my kwaad. Dis hartseer.”

Ogogo het bygevoeg dat hy homself “gelukkig ag” omdat sy suster gay is, want dit het hom “verryk”.

“Joanne het uitgegaan met seuns toe sy ’n tiener en ’n jong vrou was, maar sy was nie gelukkig nie en het ’n leuen gelewe,” het Ogogo gesê.

“Toe het sy die moed gehad om te sê wie sy is en het sy die liefde van haar lewe ontmoet.”

Ogogo, wie se pa ’n Nigeriër en ma Engels is, is self sedert 2017 gelukkig met ’n vrou, Casey, getroud.

Hy was ’n belowende bokser, wat 11 gevegte in die beroepskryt gewen en een verloor het.

In sy laaste geveg in 2016 het Anthony Ogogo homself aanvanklik goed teen Craig Cunningham laat geld. Foto: Getty Images
Anthony Ogogo het egter ’n oogbesering in sy geveg teen Craig Cunningham opgedoen, wat tot die einde van sy beroep gelei het. Foto: Getty Images
Teen die einde van die geveg het Anthony Ogogo meestal geraai waar sy teenstander, Craig Cunningham, is. Foto: Getty Images

In sy laaste geveg, op 22 Oktober 2016, het hy met ’n tegniese uitklophou in die agtste ronde teen Craig Cunningham verloor.

Dit was in dié geveg waarin sy linkeroog sodanig seergekry het dat hy sy handskoene moes wegpak.

Sedertdien hou hy sy lyf model en het hy ook al in die TV-reeks Strictly Come Dancing opgetree.

Hy wil glo nou ’n stoeier of politikus word.

Anthony Ogogo se kop staan nou stoeikryt toe. Foto: Getty Images

Meer oor:  Boks  |  Lgbt
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.