Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Boksers weer voor toeskouers in aksie in VSA

Sowat ’n 1 000 toeskouers het Saterdag in Biloxi, Mississippi, ’n bokstoernooi bygewoon.

Die Amerikaanse junior swaargewigbokser Samuel Clarkson het Saterdag in Biloxi gelykop geboks teen DeShon Webster. Foto: Facebook

Dit was die eerste toernooi in Amerika waar ’n aantal toeskouers toegelaat is sedert die verslapping van die inperkingsmaatreëls in dié land.

Samuel Clarkson en DeShon Webster het in die hoofgeveg van die toernooi gelykop geboks.

Daar was glo min te kies tussen die twee junior swaargewigte.

In nog ’n geveg in dieselfde toernooi het die junior-liggewig Jeremy Hill met punte oor agt rondes teen Xavier Wilson gewen.

In die eerste toernooi wat sedert 14 Maart in Brittanje gehou is, het Brad Foster Vrydagaand met punte teen James Beech gewen.

Brad Foster is steeds die Britse en Statebond se super-kapokgewigkampioen. Foto: Getty Images

Toeskouers by dié toernooi, wat in die BT-sportateljee in Londen gehou is, is nie toegelaat nie.

Foster, die Britse en Statebond se super-kapokgewigkampioen, het eers laat in die geveg vlamgevat om oor 12 rondes te seëvier.

“Ek voel sat. Met die inperkings was dit net oefen-oefen-oefen. Daar was nie tyd om ’n bietjie saam met vriende te ontspan nie en ek is iemand wat daarvan hou om te gaan dans,” sê Foster. – Sportredaksie, Boxing Scene, The Ring

Kyk hier na Foster en Beech se tweestryd: https://www.youtube.com/watch?v=z5ffodHymeo

Meer oor:  Boks  |  Las Vegas  |  Vsa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.